
Argieffoto
Die LUR vir onderwys in Limpopo, Polly Boshielo, het haar medelye betuig nadat twee leerders in ʼn tragiese ongeluk by ʼn skool in Limpopo oorlede is.
ʼn Vragmotor wat voedselvoorraad afgelewer het, het Woensdagoggend teen ʼn muur by Laerskool Lekgolo in die oostelike gebied van Mopani in Limpopo vasgery. Die muur het klaarblyklik ineengestort en bo-op van die leerders geval. Twee leerders is gevolglik oorlede.
Volgens Sam Mokondo, woordvoerder van die departement van onderwys in Limpopo, is nóg twee leerders ernstig beseer en na die Kgapane-hospitaal digby Tzaneen gehaas.
Departementele beraders is na die skool ontbied om die nodige traumabehandeling aan leerders, onderwysers, personeel en familielede te bied.
Mokondo sê daar is nog geen verdere inligting oor die toestand van die beseerde leerders nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
20 Kommentare
Die berig is deurmekaar. Die opskrif sê 2 leerders is dood en die berig sê die muur het op EEN geval wie gevolglik dood is ?? Die ander leerders is slegs ernstig beseer.
Is ek nou mal? Ek lees van die twee leerders wat oorlede is, maar die begin van die berig praat van die muur wat bo-op een leerder geval het. Hoe dit ookal sy, my innige simpatie met die familielede wat hul kind verloor het. Uiters tragies dat die kinders nie eens meer in skole, waar ek as ouer altyd gedink het hulle is veilig terwyl ons by die werk is, veilig is nie. Ek praat nou van jare terug, want albei my seuns is al groot en werk al.
Wat van die vrag motor bestuurder – wat het gebeur – Hoop die ouers en MRK en almal vd skool gaan ook nou optogte hou, want onskuldige kinders is dood – en die rede is???????
Wag om te hoor wat was die oorsaak vd ongeluk? Vragmotor bestuurder of die eienaar vd vragmotor???? Baie sterkte aan die Familie – dit is regtig so tragies. Niemand is nerens meer veilig nie.
Ai dit laat my aan die Hoerskool Driehoek-geval dink!! Sterkte aan families!! So terloops, die kinders van Hoerskool Driehoek ook al amper n jaar, oorlede❤️❤️
Baie hartseer! En opregte sterkte aan die twee wat Kgapane hospitaal toe is, sterkte, baie sterkte!????