Twee leerders sterf op pad na skool

Argieffoto

Twee leerders van ’n skool in die Oos-Kaap het Donderdagoggend op pad skool toe verongeluk.

Mali Mtima, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het gesê die leerders was saam met ses ander skoolmaats in ’n gehuurde motor op pad na die Phambili Senior Secondary School in Lusikisiki toe dié motor in ’n motorongeluk betrokke was.

Volgens Mtima is paramedici na die toneel ontbied waar albei leerders dood verklaar is.

Die ses ander leerders in die motor is na ’n nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Die departement het vanoggend ’n span beraders na die skool gestuur om leerders en personeel by te staan.

Fundile Gade, LUR vir onderwys in die provinsie, het sy medelye teenoor die leerders se naasbestaandes betuig.

“Die onderwyssektor is platgeslaan deur die nuus. Ons doen ʼn beroep op ouers en ander wetstoepassingsagentskappe om seker te maak dat bestuurders wat veral leerders vervoer by die spoedgrens hou om onnodige sterftes soos hierdie te voorkom,” het Gade gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DS ·

Ag asseblief hier by ons (aan Oos-Rand) is al hierdie “school transport” bussies wat kinders na en van skole vervoer. (en nee nie taxi’s nie) wit bestuurders. Geen veiligheidsgordels, oorlaaide bussies, praat op selfone terwyl hulle ry, stop nie by stopstrate nie en so kan ek aangaan en aangaan. Nee onder GEEN omstandighede sal ek ooit my kleinkind in een van daai bussies skool toe laat ry nie. Ouma doen maar eerder die ry werk.

INA ·

Die arme kinders… Dit was seker die enigste manier waarop hulle by die skool kon kom? Daar is die afgelope tyd, nèt tèveel berigte van kinders wat op paaie sterf … Mý hart gaan uit na die ouers vd ontslape kinders… Mag julle vrede vind..

Heksie ·

@DS, gaan rapporteer dié gedrag by die EMPD kantore in Long Straat.

Lees ek reg ·

Lees ek nou reg. Hulle se 2 kinders saam met 6 ander in n gehuurder MOTOR. So dit was 8 kinders en die bestuurder in die motor of verstaan ek verkeerd. Hoop die bestuurder word swaar getraf. Om die lewe van kinders in gedrang te stel vir geld want hoe meer hulle laai hoe meer geld. Siesa vir jou!!

INA ·

Die arme kinders… Dit was seker die enigste manier waarop hulle by die skool kon kom? Daar is die afgelope tyd, nèt tèveel berigte van kinders wat op paaie sterf … Mý hart gaan uit na die ouers vd ontslape kinders… Mag julle vrede vind..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.