Twee leerders sterf toe vriend glo kar vat

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Twee gr. 10-leerders van die Selborne College in Oos-Londen is Saterdag in die vroeë oggendure dood, nadat die motor waarin hulle was teen ʼn hoë spoed teen ʼn boom gebots het.

Ncedo Kumbaca, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van vervoer, het gesê die oorledenes was omstreeks 03:00 saam met ʼn vriend op pad huis toe van ʼn kuierplek af. Die vriend, na bewering 14 jaar oud, het glo sy ouers se motor sonder hul toestemming gevat.

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

“Toe die ouers bel om te hoor waar die seuns is nadat hulle by die huis gekom het en gevind het die motor is weg, het die seuns glo gesê hulle is tuis. Die ouers het gesê dit is onmoontlik, aangesien hulle tuis is waarna die seuns glo huis toe gejaag het.”

Volgens Kumbaca is een van die passasiers op slag dood, terwyl die ander passasier later oorlede is. Die bestuurder het die ongeluk oorleef.

Selborne College het Maandag in ʼn verklaring die twee oorledenes as Avuyile Ngqele en Sihlumile Bandile geïdentifiseer. Andrew Dewar, die skoolhoof, het sy medelye teenoor die seuns se families uitgespreek en die publiek bedank vir die boodskappe van medelye wat ontvang is.

ʼn Gedenkdiens vir Ngqele en Bandile sal Saterdag in die skoolsaal gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

johann cb ·

Dankie vir die korrekte beriggewing Maroela Media. Ons plaaslike radiostasie se webtuiste het kwaai verwarring veroorsaak. Die feite was foutief.

Vra net ·

En hoe voel die RYK nuwe “upper class ” ouers nou dat hulle bederfde seuntjie nou n moordenaar is?? Saak sal seker weer toegesmeer word. Hoe laat die oorledenes se ouers hulle kinder op n skool aand saam met n 14jarege bestuurder ry?? RIP

Jan Pierewiet ·

Vra net. As jy mooi lees sal jy sien dit was nie ‘n skool aand nie…….

Asjas ·

Dit was dalk nie ‘n skool aand nie maar wat soek 14 jariges in ‘n kuier plek? Drank??

willie ·

Tragies wat gebeur het.. ek stem in mate saam, kinders hoort nie agter stuurwielle nie… ouers vandag is gaande om die kinders te laat bestuur of leer bestuur op n vroee ouderdom.. daar is reded dat jy eers n sekere ouderdom moet wees voor jy leer bestuur.. Kyk maar hoe verwoed jag die jong laaities.. groot menere en ken al die handtekens… tot hulle in die moeilikhied is, dan huil hulle soos sussies…. kinder moet kind bly, en kinder goed doen..tot die regte ouderdom hom voordoen….. Rykmans seuntjies die groorste probleme.. Pappie sorg….vir als

m ·

AI tog so onnodig en kyk nou net die hartseer wat veroorsaak is. Wat soek sulke jong kinders in kuierplekke? Maar nou ja ryksmankinders word anderste groot as ons normale mense se kinders want daar is geen manier wat my jong kind in kuierplek alleen kuier nie. Vir al wat ons weet was daar drank ook betrokke…………………….. sterkte aan die ouers.

willie ·

As mens die situasie opsom is dit vol starfregtilikke dinge. Diefstal, bestuur sonder lesensie, kuierplek laat minderjariges toe, verkoop drank aan minder jariges, dromk bestuur, roekelose bestuur, manslag…… dis ongelukkig die wettelose RSA.. en ek glo die versekering gaan ook nie betaal nie… baie sleg vir al die families se ouers…

m ·

Willie, hierdie is definitief nie kattekwaad nie, dit gebeur as seuntjies hulle wil groot meneer hou en maats wil beeindruk oor hulle “bestuursvernuf” en dan gebeur sulke goed. Hierdie was nou so onnodig. Nou is die passasiers dood en die bestuurder wat nou die grootmeneer was in die storie het niks oorgekom nie, sy lewe gaan lekker aan en die ander kinders se ouers is nou in rou gedompel. Ai, so hartseer en totaal onnodig. Ouers moet kinders leer om te dink voor hulle stupid goed doen.

Louise ·

Die mense in die kuierplekke moet sommer aangekla word, hoekom DRANK vir KINDERS gee.
Maar hulle voel niks nie.
Net solank hulle GELD maak, kan ons drank en DWELMS aan ENIGE iemand voorsien.
Hoekom word daar nie OPGETREE TENNOOR SULKE TIEPE KUIER PLEKKE NIE……..
Ek weet van tenminste een hier in ons dorp WAT STEEDS OOP is met AL die nonsense.
Baie jammer vir die arme kinders. RIV en sterkte aan die familie

Ek se net ·

Nee mense moet nie net afleidings maak nie. Hoekom sommer dadelik se drank, dwelms, ens. en nie noodwendig rykmanskinders nie. So 2jr jaar terug het my kleinseun en twee vriende by ‘n motorhawe skyfies gaan koop. ‘n Jongman van 26 het daar met sy luukse kar gestaan wat. Die kinders het die kar bewonder waarna die bestuurder hul vir ‘n “spin” wou vat. Toe my dogter stop om hul op te laai het die jongste seun ook uitgespring. Gelukkig vir haar twee seuns het sy geweier dat hul saam ‘n vreemde te ry. Sy was net te laat vir die twee vriende want hul het vinnig wiggery. Sy en haar twee seuns het hul agterna gesit net hom te sien hoe hul met ‘n hoe spoed, terwyl een vriend in voorste pasasiers kant ‘n video op sy selfoon maak, om ‘n draai beheer verloor en ‘n grusame ongelukkig maak. Ja hul was by ‘n kuierplek en nee hul het nie gedrink nie, net ‘n bietjie opwinding gesoek. Mense ons kinders leef op adrenalien en neem verkeerde besluite, soos jy en ek en almal voor hulle. Kom ons bid liewer vir die ouers wat agter bly sonder om aanmanings te maak. Se maar net!!

Ek se net ·

Wil net se die Bestuurder en die een vriend is opslag dood. Twee families in rou plus my kleinseun wat ‘n wonderlike vriend verloor het.

willie ·

Ja m presies my siening ook, ander lesers hier wat dit as kattekwaad beskou…

Asjas ·

Maar net nog ‘n voorbeeld wat ek vir my kinders kan wys. Ma is nie altyd COOL nie maar luister maar as sy praat of waarsku dat “kattekwaad” nie so ‘n goeie idee is nie!

E ·

So tragies, jammer vir die kinders. Ouers moet reg staan tot by die no. 21!!!

Amanda Van Vuuren ·

O my! nog n ‘happy ending’ na n YSLIKE TRAGEDIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
14 jr oud?????Moenie vir my vertel dat in hierdie mislukke eeu, selfs n 10 jr oud nie weet dat ‘kinders’ onder die ouderdom v 18jr oud nie agter n kar se wiel MOET/MAG inklim nie!!!!
Julle wil dalk soos ‘teens’ met ‘grootmens verstand’ behandel word, maar julle stupids! julle dink nogsteeds soos sub A’sssss….

En daar oor leef die ‘bestuurder’ alweer???? mooi man! ek bid maar dat jy nie vol drugs geprop was nie, drank en al die derglike goed waarmee julle deesdae jul tyd vermag nie!!!

Ek is jammer!! ek het geen krummel simpatie met jou nie!!! Weet jy wat maak my SAD??? Die feit dat geen ‘teen’ iets hieruit gaan leer nie, want die ‘bekende’ DIT SAL MOS NIE MET MY GEBEUR NIE’ afgesaagde ou rympie het nogsteeds nie n ‘gruwel’ genoeg dood gesterf nie!!

Ouers wie se seuns weg is, soos in veraltyd, my diepste simpatie is met julle…

s ·

Dit is trgies! Een ding moet net onthou word al drie die seuns aangejag het en nie net die een wat oorleef het nie, niemand kan jou maak in n kar te klim nie! Die seun wat wel oorleef het gaan vir die res van sy lewe boet vir wat gebeur het!!! Ek dink dit is al n groot straf….
Kinder leer hier uit! My Inige simpatie met al drie kinders se ouers en familie. RIP

Trudi ·

Dit is nie die eerste keer wat soiets gebeur nie en beslis nie die laaste keer nie. Pas julle kinders op. Kinders sal altyd kinders bly! Simpatie aan die ouers(of hulle nou geld het of nie) Om n kind te verloor is verskriklik.

Gideon ·

Jammer kinders, maar dit kon soveel erger gewees het!! Deur ongehoorsaamheid kon julle in ‘n ander kar vasgejaag het en meer onskuldige lewens geneem het!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.