Twee leerders vas vir moord op 17-jarige  

misdaadtoneel

Argieffoto

Twee tieners is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 17-jarige meisie wie se liggaam Saterdag op ʼn vullisterrein buite Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo gevind is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die meisie is Vrydag omstreeks 06:40 by haar huis weg skool toe, maar het nie weer teruggekeer nie. Gister het ʼn verbyganger op die meisie se liggaam afgekom waar dit op die vullisterrein gelê het, steeds met haar skooluniform aan.

“Die vullisterrein is geleë tussen uitbreiding 14 en uitbreiding 20 in Mokopane. Die polisie is ontbied en het hulle saam met nooddienste na die toneel gehaas,” sê Ngoepe. Die meisie was egter reeds dood.

Sy is later deur haar familie uitgeken as Tebatjo Nkoana.

“Die polisie se voorlopige ondersoek het vasgestel Nkoana was ʼn leerder aan ʼn plaaslike hoërskool in Mokopane. Die polisie se ondersoek het uiteindelik gelei tot die inhegtenisneming van twee leerders van dieselfde skool, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud,” het Ngoepe gesê.

Die twee verdagtes sal binnekort in die hof in Mokopane verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Leser ·

Ek het nie eers woorde nie!!! Dit is ‘n vreeslike wereld die!!

Jean ·

Tragies! N ander berig is n skool meisie verkrag en vermoor,in vlak graf en die 17 jarige moordenasr het homself gehang!
Dis nou ons toekoms…scary!

Lizelda ·

Hierdie tienermoordenaars versprei soos n veldbrand! Byna elke dag…week lees ons v die. Verlede week is n seun vermoor vir sy skoene. Hoe dink die kinders dis ok om so iets te doen?

Estelle ·

Gaan kyk na die indoktrinasie in die kirrikulum en wêreldse verwysingsraamwerk, hoe hul ouerhuis funksioneer en dan al die pad na die leiers van die land. Resep vir chaos.

Hanna Hoekom ·

En as Lesufi sy sin kry, sit hierdie jong kriminele binnekort langs ons kinders in die klaskamers! Almal binne n 30km radius kan mos nou by n skool van hul keuse inskryf…

Liekie ·

Wat gaan tog aan met die jeug en kinders van vandag ??
die duiwel is los – loshande !

Alida ·

Ek hoop nie hierdie is ‘n laerskool nie. 17 & 18 is mos matriek !!!

chantelle ·

JA ek stem die duiwel is los
ek bekommer myself oor die toekoms
sex drugs moord vieslike taal en geen respek vir ouer mense
of hulself
Nou moor hul mekaar so gereeld
WIL SIEN WAT KOM VAN DIE SAAK

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.