Twee leerders vas vir moord op Brits-vrou

Die Rabboni Christian School in Brits.

Die Rabboni Christian School in Brits.

Twee jeugdiges is Woensdag in hegtenis geneem in verband met die moord op Esbé Koster (50).

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Koster se motor, ʼn wit VW City Golf, is ook gevind. “Die twee verdagtes, 16 en 17 jaar oud, is by die Rabboni Christian School in hegtenis geneem.” Koster was by die skool werksaam.

Volgens Talane gaan die ondersoek voort en sal die verdagtes binnekort in die Brits-landdroshof verskyn.

Koster se liggaam is Dinsdagmiddag in ʼn veld naby ʼn pad in Magalieskraal deur ʼn verbyganger gevind. “Sy het ʼn skietwond aan haar kop gehad en is op die toneel dood verklaar.” Koster het steeds haar juwele aangehad. Haar motor was skoonveld.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en motordiefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Alida ·

Waar de hel kry kinders van daardie ouderdom wapens? Nee man dit werk nie so nie. Dit is afgryslik hoe die moorde toeneem.

Henk Vorster ·

Ek stem saam met Dark.O en Gert. Hoekom moet mense betaal om te bid tot God. God is nie beperk tot spesiale geleenthede en plekke nie. Ons moet elkeen in ons binnekamer gaan bid. God is oral.

Dark.O ·

Wanneer gaan oom Angus se gebede begin resultate lewer? Was daar dan nie ń dag of 3 gelede ń helse gebid vir die land nie!?

Antie ·

Moenie vir God aanjaag nie, Hy sal op sy Tyd ingryp in hierdie land

Jakoba ·

Dark O God se tyd is nie jou tyd nie. Ek stem saam met Antie. Te goed hoe mense God blameer maar vergeet van Lucifer wat agter alles sit.

Jacobus ·

Antie, God het vir david krag gegee om die filistyne te verslaan nie dit self gedoen nie. Net so sal ons om krag moet bid om dit self te doen. Nie op n wonderwerk wag nie.

Madsi2 ·

Ai, nou wat het oom Angus met als uit te waai? Regtig! Hierdie 2 is deur die duiwel gedryf, en die feit dat jy vra nou waar is die wonderwerk, God se tyd is sy eie, en vir almal se inligting, die byeenkoms by FNB waar oom Angus en die hele land gebid het, dit was gratis!!! Vry, verniet, free, mahala!!!! So kry julle feite reg!!!!!

Dawie ·

Bring terug die doodstraf net n paar persone sal tereggestel word dan sal moorde ophou.

luan ·

Dis nou wat jy kry as jy n wetlose kriminele republiek het ek hoop al die sogenaamde politieke partye gaan ook so tekere gaan by die hof as die 2 mannetjies hulle verskyning maak by die hof want as hul op so ouderdom tot moord in staat is wat gaan hulle nie doen die dag as hulle volwassenes is nie.

Francis Linstrom ·

groot genoeg om te moor maar kamtig te jonk om ordentlik gestraf te word

Mel ·

Doodstraf!!!!!!!! Dit kan ni meer so aangaan ni!!!! Onskuldige word vermoor, ons regering is belaglik, wanneer gaan daar gehoor gegee word aan wat ons publiek te sê het, mens is nou al verby di stadium van g@tvol

Estelle Van Eck ·

Wonder was hul ook van Christian school? Straf volgens dade…..

Cecily ·

Hoop hul gaan as volwasse gevonnis word en nie as kinders nie

Koos ·

Dit is nou hulle paspoorte na free education op universiteit waar hulle net sal aangaan met misdade.

Theresa B ·

Die doodstraf moet terugkom. Om iemand te vermoor is soos om ‘n sweet te eet. Eenvoudig en maklik en jy kom niks oor nie. Ek is met stomheid geslaan. Die Liewe Vader alleen weet!

Gert ·

Ons kan net praat oor die dinge wat gebeur en wat moet gedoen word, maar niemand staan op en doen iets nie, saam staan ! Nee wat, dis ons ou volkie se probleem en ondergang !

danie ·

Nou Gert, neem jy nou die leiding. Se vir ons wat stel jy voor moet nou verder gebeur?

Gerrit ·

O.K. Gert, ons wag vir jou.

Waar moet ons bymekaar kom ? ..en as ons daar is wat wil jy dan doen ?

Eugene Terreblanche het net so groot bek gehad, baie jong mense se lewens verwoes en op die ou end staan hy uit die water uit en lees toe maar gediggies voor.

In hierdie land kan `n Witman nie sy mond oopmaak nie, of hy word vervolg.

Sarie ·

Bring asseblief dissipline terug!!!! Dit is net skokkend hoeveel van ons moordeneers deesdae in ons land is skoolkinder. Is hulle nie veronderstel om die toekoms van ons land te wees nie as dit so aangaan gaan hulle die land uit die tronke reageer

mdp ·

Gee jy iemand ‘n paar warm klappe en sit hom in ‘n kis haal jy internasionale nuus, maar die moord haal nie eers plaaslike voorblaaie….

Marius van Staden ·

Dis reg – daar is oorlog verklaar. Die verskil is net een kant skiet. Ons volk se ruggraat is uitgeruk. Die vyand sal nie rus voordat die hele Blanke bevolking uitgewis is nie en ons staan en kyk hoe dit gebeur!

Frik ·

Hoe ironies. Solank dit net nie n witte is wat iets sê of doen aan n swarte nie want dan is al wat witte is RASSISTE. Sit n swart oortreder in n kis en dreig hom net en die hel is los maar swartes kan maar weerlose oumense en vrouens dood maak en niemand maak n bohaai daaroor. Ons wittes moet ook op alle vlakke en sosiale media hierdie moorde veroordeel as RASSISME.

Sus ·

As daar van elke moontlike platvorm luidkeels geskree word om die moord op blankes aan te blaas, is dit die resultaat. Hoe beveg ‘n mens dit? Hoe verdedig jy jouself? Die duiwel is los in hierdie land! Haat het oorgeneem.

Piet ·

Marius, ek het nog nooit kommentaar gelewer ( in al die tyd dat ek Maroele media lees) oor die stand van die Boere volk nie. Om te se dat n volk se ruggraat uigeruk is, is nogal ‘n kras aantuiging. Die mat is eerder onder ons uit geruk. Baie mense het rubber beginsels (geen ruggraat), maar daar is nog vrek baie mense met rotsvaste beginsels. Ons sal oorleef, al moet dit die laaste ding wees wat ek aan jou bewys.

Simpatie met SA ·

Wat vir my snaaks is is dat dit nie so erg is nie want sy is mos nie in ‘n doodskis gesit en dat sy darem nog lewe nie?????? Kyk maar hiervan gaan niks kom nie, niemand gaan by haar saak by die hof betoog nie!!!!

Maria Van Dieweeck ·

Alweer n ou mooi fototjie! Dis net as dit andersom is wat alles gewys word!

Lyn ·

Wat bedoel Maria met die foto’tjie storie? Ek verstaan nie. Dit is net ‘n foto storie die heeltyd. En dan sê sy as dit andersom was het hulle alles gewys. Elke moordberig is dit ‘n foto storie.

Edward ·

Lyn, as dit n swart onderwyseres was en die kinders wit was, sou ons n ander storie (foto) gesien het. Alhoewel die berig nie se dat dit wit of swart kinders was nie, kan ons seker maar ons afleidings maak.

Lida pieterse ·

Dit is swart kinders en dit is leerders van die skool waar sy gewerk het. Hulle hegt vir haar n geleentbheid gevra en goeie mens wat sy was, het sy ingestem!!

chris slabbert ·

Die regering of liewer DA moet n referendum uitroep om doodstraf terug te bring. Glo my dit is al afskrikmiddel. Die moorde ruk nou handuit.

A E van den Berg ·

Wanneer gaan blankes ophou om die liefdadigheidsmallemeule te draai?

peter ·

Sjoe, blameer alweer. Almal weet die tyd waarin ons lewe is die sogenaamde laaste dae. Elke gelsag het al ‘laaste dae’ gehad. Ongelukkig is ons volk se siel verkoop vir sondag sport met destyds se ja stemmery. Waarom moet enige gebede beantwoord word?Daar is gestem vir sport teen jou volk en godsdiens. Nou is daar ‘n geweeklaag. Be careful what you wish for, you might just get it and not like it. Niemand se skuld behalwe ons eie monster besluit. Nou is ons soos mak geslaande honde want ons kan nie die gevolge drae nie. Niks met God of Lucifer te doen nie. Menslike selfsug!Instant gratification!

liza ·

Hoekom word hulle gesigte nie gewys nie, of hulle nou 16 of 20 of watter ouderdom is, maar laat dit nou net ‘n witte is boeta dan pruik dit op elke tydskrif, koerant en media, belaglik en regtig mens raak nou g@tvol, ek dink dit is tyd dat ons ook moet begin toy toy. Dit sal nooit ophou nie, ons wittes is ‘n gehate nasie op hierdie staduim, en hulle seevier in die lewe. Bitter ongelukkig. Sterkte aan die familie.

Hannie ·

waar is daardie lot GROOT BEKKE, wat ai siestog! geskree het oor die doodskis debakel??
Waar is hulle kommentaar nou? …. EN Maroela Media het geweier om my kommentaar te plaas, met die doodskis berig, NOG ‘N MOORD!!! ‘n daaglikse storie in SA. EN Zuma glimlag steeds!!

Theresa ·

Hulle het reeds hul jeug prysgegee toe hul besluit het, ja, BESLUIT het om te roof en te moor. Hul moet gestraf word soos enige ander moordenaar. Geen doekies om te draai nie.
Indien hul nog die skool bygewoon het waar goeie standaarde geleer word, moet die straf erger as erg wees, want hul is ondankbaar en skandelik vir die gemeenskap.

Andre ·

Ek is in Brits werksaam. Het met iemand gepraat wat die jeugdiges baie goed ken. Blykbaar die 2de keer dat die 17jarige die betrokke vuurwapen steel.

LeonR ·

Andre,

hoe is dit moontlik en my vraag aan al die lesers en ek val jou nie aan nie. Hoe kon die wapen terug besorg is aan die eienaar as dit reeds op ‘n stadium gesteel is? Laat ‘n wit persoon se wapen gesteel word is die hel los. Maar nee, ander reels geld hier. Dalk weer ‘n geval van lede in die mag wat hulle wapens uithuur en deel in die wins? Ek weet nie, vra maar net.

Met die verkiesing destyds, 1992/1994 ek kan nie meer so goed onthou nie, was ons ontplooi in die Brits area, daar was ‘n lid van die diens wat sy wapen, een vol magasyn uitgehuur het vir R500 ‘n aand?

Quo Vadis Suid Afrika??

Bella ·

Moord en roof is besig om n algemene verskynsel te raak in ons mooi land! Daar is geen leierskap nie. Die een wat homself President noem is dan self n verkragter en n dief! Iewers moet iets gebeur en ek het vanoggend op die radio gehoor van die online petisie to “Save South Africa”. Vir my is dit dalk die een manier om van Zuma ontslae te raak. Ek het vanoggend die online petisie geteken.

CAROL ·

ANDRE – DIE 1STE KEER WAS HY SEKER NET “GEWARN”!!!! GLO NIE EERS DAARS N SAAK OOPGEMAAK NIE …… TIEPIES

Andre ·

CAROL – Hy was gearesteer maar het dieselfde dag uitgekom. En dit na hy na bewering twee rooftogte uitgevoer het waartydens skote afgevuur is. My vraag is, hoekom is die eienaar van die vuurwapen nie die eerste keer aangekla nie en hoekom is sy wapen nie gekonfeskeer die eerste keer vir nalatigheid nie?

kobie ·

Daar was op ñ stadium ñ bedrywigheid van voertuie wat in die donker sonder ligte ry en as jy vir hom ligte wys maak hulle jou dood.Wel ons het eergister met ñ
man gepraat wat sê dat dit wel so is en dat daardie persone na ñ sekere aantal moorde dan in ñ bende
opgeneem word.Indien hy nie
iemand binne ñ sekere tyd vermoor
nie word hý vermoor.Dink julle nie
dis dieselfde geval met die moorde
nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.