Twee liggame in damme gevind

Argieffoto

Die Vrystaatse polisie het Woensdag ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle by te staan om twee onbekende mans se liggame te identifiseer wat in twee afsonderlike voorvalle in damme gevind is.

Volgens ao. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, is die liggame van die mans verlede week onderskeidelik in damme in Rosendal en Kestell aangetref.

“In die eerste voorval is die liggaam Donderdag in ʼn dam langs Rosendal se rioolaanleg langs die R70-pad aangetref. ʼn Seun wat vee aangejaag het, het die liggaam sien dryf en die Rosendal-polisie  ontbied,” het Earle gesê.

Die man se liggaam is deur beamptes van die Welkom-duikeenheid uit die water gehaal. Daar word vermoed dat die man verdrink het en vier of vyf dae lank in die water was.

“Die oorledene is vermoedelik in sy laat 20’s of vroeë 30’s. Hy is donker van gelaat, slank gebou met netjies gesnyde hare. Hy het ʼn armband van slangvel om sy linkerpols en het slegs swart onderklere aangehad.”

Die liggaam is na die staatslykshuis in Bethlehem geneem en is nog nie uitgeken nie. Enigiemand met inligting oor wie die man mag wees, word versoek om sers. Seipati Mallane by 058 211 1106 of 071 818 1591 te skakel.

In die tweede voorval is die liggaam van ʼn man in sy 30’s Saterdagoggend in die dam by die Kestell-gholfklub gesien dryf.

“Hy is donker van gelaat en het ʼn blou kortmou T-hemp, swart sweetpakbroek en hardloopskoene aangehad. Hy het ʼn rooi band om sy regterboarm gehad.”

Die oorsaak van die man se dood moet nog vasgestel word. ʼn Nadoodse ondersoek sal Donderdag gedoen word om dit vas te stel. Enigiemand met meer inligting oor die voorval, of wat weet van ʼn vermiste man, word versoek om sers. Thembi Mosese by 060 974 5291 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Janie Monsieur ·

Dagsê Monray,
Dankie vir jou kommenataar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

jan van riebeeck ·

donker van gelaat ? so hy is n blanke wat baie getan is ? of is hy swart ?

Ammie ·

Of ‘n Indier of ‘n kleurling? Almal is donker van gelaat?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.