Twee liggame in Hennopsrivier gevind

Hennopsrivier in Centurion Foto: wrc.org.za

Hennopsrivier in Centurion Foto: wrc.org.za



WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig kan sensitiewe kykers ontstel.

Die liggame van ʼn wit man en vrou is Sondagoggend in die Hennopsrivier in Centurion gevind.

“Die liggame het in die water gedryf,” het kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig. “Die twee persone het kopbeserings opgedoen en albei het tekens dat hulle gewurg is.”

Volgens Selepe is dit in hierdie stadium nog nie duidelik of die liggame daar gestort is of in die rivier uitgespoel het nie.

“Die identiteit van die twee persone is nog nie vasgestel nie,” het sy bygevoeg. “Die polisie se ondersoek duur voort.”

Die twee persone se liggame dryf in die Hennopsrivier (Foto aan Maroela Media verskaf deur 'n anonieme bron)

Die twee persone se liggame dryf in die Hennopsrivier (Foto aan Maroela Media verskaf deur ‘n anonieme bron)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Karel ·

Wonder of dit verband hou met die wit vrou wat se lyk ‘n tyd terug gevind is ? Sy was mos blykbaar deur 2 wit mans en ‘n wit vrou in die rivier gegooi.

Annemarie ·

Die berig se duidelik die man en vrou is vandag gevind- so kan nie die vrou van n ruk terug dan wees nie?

Daan ·

Annemarie verstaan jy nie wat Karel se nie. Hy praat van n tyd terug.

Pieter ·

Liewe Maroela Media. Sou julle kon oorweeg om eerder die term “senstiewe leser” ipv “sensitiewe kyker” te gebruik aangesien die sensitiewe beeld ‘n foto en nie ‘n video is nie?

Sarel ·

Wel, JFK en Pieter is albei reg. Mens lees ‘n boek of berig. Mens kyk na ‘n videobeeld. Mens kyk ook na ‘n portret of foto.
Maar ek is nie oortuig daarvan dat iemand wat na ‘n foto in ‘n boek of berig kyk van ‘n leser na ‘n kyker verander nie.
Wonder wat die Taal ghoeroes ons hieroor kan leer.

Berhalet Beukes ·

Ai, dis tragies so kort na Kersfees een dan kibbel mense oor kommentaar wat hulle nie reg gelees het nie en hoe Maroela Media hulle bewoording moet stel. Wat van meegevoel toon dat twee mense hulle lewens verloor het? Dis immers iemand se familie of vriende? Dalk ‘n ma of pa?

CHRISTA ·

Dis mos een van ons Afrikaners se kenmerke: kloof gedurig hare oor onbenullighede!!!

elize naude ·

2 MENSE het hul lewens verloor… reaksie wat die berig laat losbrand het spreek vansself… gelukkig was ek polities nog altyd kleurblind…

Alf ·

Wel, hierdie is nie die “Muur van Herhinnering” nie. Dis ‘n kommentaar afdeling.

Albert ·

Ek stem saam Alf. Die kommentaar afdeling van ‘n nuuspublikasie kan sekerlik nie net gereserveer wees vir die deel van simpatieke boodskappe van meegevoel nie . Dis sekerlik jou reg om dit te doen maar wéét dat hierdie ‘n “kommentaar” afdeling is en nie ‘n gedenkboek nie.

Alf ·

Ek het gehoor daar is n Marinda van der walt en haar vriend wat vermis word

Sarie ·

@ Karel. Kon hulle destyds vasstel wie vir daardie vrou se dood verantwoordelik was? Ek kan gladnie die voorval onthou nie; het dit seker gemis…

JohnnyJ ·

Sovêr ek weet was daar nog geen arrestasies t.o.v. E.R. se liggaam wat daar gelaat was in Oktober nie.

FM ·

Mooi Maroela. Noem tog maar in alle gevalle aan watter ras mense behoort, in enige ander geval, goed of sleg. Soos byvoorbeeld in plaasaanvalle. Noem asb die ras wat aangeval is en ook die aanvaller(s) sin .Ek dink daar is heelwat lesers wat dit graag wil hê. Dankie. Ek hoop julle hou van my en plaas my kommentaar?!!!

Mariné Lourens ·

Dagsê FM

Die ras van slagoffers word slegs deur Maroela Media genoem wanneer dit ‘n spesifieke doel dien, byvoorbeeld om die polisie by te staan in die ondersoek. In hierdie geval kan dit moontlik help om die identiteit van die oorledenes te bepaal. So word daar ook foto’s geplaas van byvoorbeeld mense wat uit aanhouding ontsnap het, of wanneer daar na spesifieke verdagtes gesoek word.

Vriendelike groete
Mariné Jacobs
nms Maroela Media

Anderjet ·

HI ek het nou net op pink ladies gesien van ‘n vrou wat weg is daar rond. Die vrou se naam is Maria Wilranda Le Roux… as julle dalk kan uitvind..

Karel ·

Elchenette Rademeyer was die vrou wat ‘n tyd terug vermoor is en haar lyk is blykbaar deur ‘n vrou en 2 mans in die rivier gegooi. Dalk wou 1 van die mans die medepligtiges uit die weg ruim…. Berig was hier op MM

marita ·

Dit sal interessant wees on te sien of die nuwe geval verbind sal word met Elchenette Rademeyer se saak. Sy was my vriendin en die polisie het nog nie veel aan die saak gedoen nie. Kon die twee nuwe gevalle dalk iets met hàar dood te doen he? Want sy was ook verwurg? Of is die twee gevalle net toevallig dieselfde?

marita ·

Het iemand al uitgevind wie die slagoffers was? My innige simpatie vir julle families. Ek ken die pyn ek was baie lief vir Elchenette en ek mis my maatjie

Bach ·

Sien dit help baie om dadelik die mense se ras te noem dan weet mens waar om te begin soek.Vergeet tog die polities korrektheid.

zak ·

Ek stem saam dat ras genoem behoort te word, dan kan mens by jou eie groep vriende en kennis begin en dalk betrokke raak.

Alet Viljoen ·

Ai dit is dare maar wreed as mens net weet wat het gebeur.

Henk ·

Maroela Media, is dit nodig om grusame foto’s te plaas? Kan julle nie julle nuus versprei sonder om die tipe foto’s te plaas nie? Gaan julle daarvan hou as julle familie so in die koerant geplaas word?
Verkoop julle nuus deur goeie joernalistiek en nie deur onsensitiewe foto’s nie. DIT is swak beriggewing

Joggie Steyn ·

Henk waar val jy uit maat…. die “grusame” foto waarvan jy praat is feitlik nie herkenbaar nie…. as dit nie besigtig word saam met die berig nie kan mens skaars sê dat dit drenkelinge is daar in die water…. Terloops sover ek weet “verkoop” Maroela nie nuus nie….

Mariné Lourens ·

Dagsê Henk

Maroela Media se beleid is om die foto te plaas indien dit nuuswaardig is en indien persone op die foto nie identifiseerbaar is nie. Deur die foto dof te maak, het ons seker gemaak niemand is herkenbaar nie. Stuur gerus ‘n e-pos aan [email protected] indien jy enige verdere vrae oor hierdie spesifieke berig het.

Vriendelike groete
Mariné
nms Maroela Media

Poplap ·

Dis swak van julle om die foto te plaas. Is julle besig om sensasie jagters re word. Laat weet ons asb tog net voor die tyd dan kan ons julle begin vermy soos wat ons doen met sekere ander sensasie joernalistieke publikasies. Dis af hoor af!!!!

Lulu ·

Ag liewe vadertjie tog Poplap! Jy vat heeltemal uit die bus uit. Mens kan skaars sien wat gaan aan op die foto. EN LEES TOG DIE HEEL EERSTE REEL VAN DIE BERIG: Waarskuwing: Die foto onderaan die berig mag sensitiewe kykers ontstel.

Kom ek wed jou – dis presies daardie sinnetjie wat jou die berig laat lees het – uit nuuskierigheid en nou wil jy jou mond uitspoel oor sulke “swak fotos”

zak ·

Aai toggie, toggie – mense lees nie! Kyk op die “spoiler” groot aanduiding dat die foto jou dalk onstel. Wat gaan jy doen as jy dalk die lyke ontdek het? Jou oe toeknyp? Dit is die lewe, kom by!

JoeV ·

Hoe die helheid die naasbestaandes gaan tref sal nog bepaal word. Die foto met die kleur van die rok en die broek kan iemand dalk herken en die naasbestaandes kan gouer gevind word. Dit is seker die vreeslikste ding wat ‘n familie kan oorkom, maar hoe gouer die ligame uitgeken word hoe beter. Die foto sal daarmee help, ontspan. As iemand naasbestandes het wat weg is wil mens tog sou gou moontlik tyding kry, nie noodwendig die soort nie.

Mariné Lourens ·

Dagsê Poplap

Maroela Media se beleid is om foto’s te plaas indien dit nuuswaardig is en indien persone op die foto’s nie identifiseerbaar is nie. Deur die spesifieke foto dof te maak, het ons seker gemaak niemand is herkenbaar nie. Ons plaas ook ‘n waarskuwing bo-aan die berig om lesers te waarsku indien die foto in die berig sensitiewe lesers moontlik kan ontstel. Stuur gerus ‘n e-pos na [email protected] vir enige verdere navrae hieroor.

Vriendelike groete
Mariné
nms Maroela Media

ma ·

Ja, daar is ‘n waarskuwing maar niks op die foto is herkenbaar nie. Ek sou tog graag wou weet watter doel die foto dien. Sover ek kan sien, bied dit nie vir lesers leidrade om dalk te kan help nie. Was dit dalk net om ‘n foto van enige aard te kan plaas, of bloot sensasie om mense te kry om daarna te kyk? Dalk sou ‘n foto met herkenbare bakens meer relevant gewees het.

elize naude ·

2 MENSE het hul lewens verloor…
gelukkig was ek nog altyd kleurblind…
die polemiek wat hierdie berrig veroorsaak het..
spreek vanself…

HENNA ·

Aan al die kommentaar wat gelewer word kan ons sien dit is ‘niks doen dae’
wees eerder hartseer oor die nuus wat tragies is en hierdie tyd van die jaar vir die families
AI AI MENSE ??

Gerda Rusteberg ·

Ek het nou deur al die kommentaar gelees. Dit is tipies van ons “volk”, val mekaar aan oor onbenullighede. Ons kan nie saamstaan nie!
My innige simpatie aan die familie.

Voorlaaier ·

Jy is reg Gerda, dis hoekom ons dis Boere oorlog.verloor het

Gerbrand ·

Oor wat moet ons presies “saamstaan”? Dis mos ‘n “kommentaar” afdeling hierdie waar mense hul vrye kommentaar kan lewer. Wanneer het dit ‘n “saamstaan” oefening geword?

As ons nét boodskappe van medelye mag gee n.a.v. elke berig waarin elemente van verlies of hartseer voorkom moet hulle eerder die “kommentaar” afdeling verander in ‘n “boek van medelye”.

Gun mense hul kommentaar en reageer intelligent daarop of oorweeg sterk om jou in die toekoms te weerhou van kommentaarmure.

Adriana Stuijt ·

Is die mense reeds geïdentifiseer – of het die polisie reeds identifikasie-kits (tekenings of fotos) gepubliseer waarop familielede die mense sou kan identifiseer? Het die polisie al verduidelik hoekom die twee mense saam gevind is (was hulle aan mekaar vasgebind?) Daar moet mense wees wat hul geliefdes soek …

Adriana Stuijt ·

Ek wil Maroela Media gelukwens met die plaas van al die volledige details wat hulle kon vind. Trouens, ek sien geen ‘grusame fotos’ nie. Ek sien ‘n foto met twee skimmige persone of poppe onderwater. Die ‘grusame deel’ is alleen in mense se verbeeldingskrag. Ek wens Maroela Media geluk dat hulle alle details wat hulle kon kry, in hierdie storie gesit het insluitende die foto. Want daar is mense wat hul geliefdes soek en elke klein detailtjie kan help om mense te help om hulle op te spoor. Daar is vier verskillende insidente wat gemeld is waar daar liggame in die Hennopsrivier by centurion gevind is. In total vier verskillende liggame soos ek al die stories daaroor gelees het. Ek dink Maroela Media doen goeie joernalistieke werk en help sodoende op mense te help om hul geliefdes op te spoor. Mooi werk! In sulke gevalle het die nuusmedia ‘n belangrike rol om te speel – en julle speel dit.

Voorlaaier ·

Jy is reg Gerda.Dis hoekom ons die Boere oorlog verloor het.

Adele ·

Familie is in kennis gestel. Dis my tannie se swaer en sy vrou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.