Twee liggame in ʼn straat in Pretoria aangetref

Argieffoto

Die polisie in Pretoria ondersoek twee sake van moord ná verbygangers Dinsdagoggend op twee liggame in die noorde van Pretoria afgekom het.

Kaptein Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die liggame is in Piet-my-Vrou-straat in Honingnestkrans gevind.

Makhubele het gesê dit wil voorkom asof die twee liggame, die van ʼn man en ʼn vrou, aan die kant van die pad agtergelaat is. Die polisie is in hierdie stadium nog onseker of die man en vrou verwant is.

“Die verbygangers het die polisie omstreeks 09:00 van dié vonds in kennis gestel,” het Makhubele gesê. Volgens hom het die oorledenes veelvuldige oop wonde aan hul bolywe gehad.

Twee sake van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris ·

Maroela media, ek is nou nie ń kenner van Afrikaans nie, maar is dit nie onvanpas om van 2 lyke (mense) as ń “vonds” te praat nie? As jy 500kg dagga by iemand vind is dit ń vonds.

Karma ·

@Chris, dit is nie Maroela Media wat na die twee liggame as ‘n “vonds” verwys nie, maar Kay Makhubele, woordvoerder van die SAPD – jy sal sien dat die sin in aanhalingstekens geplaas is, d.w.s. KM word dus aangehaal.

Cherokee ·

So Karma, is jy seker daarvan dat Makhubele wel Afrikaans magtig is? Jy dink nie dalk dat sy woorde vertaal is nie? Dit kan egter ook in ‘n debatvoering ontaard wanneer iemand sou sê die woord ‘vonds’ verwys na iets wat gevind is.

Hennie ·

MOET so baie van julle elke berig op die een of ander wyse as ‘n taal-probleem hanteer? spits julle eerder toe op die inhoud en implikasies van berigte, asseblief!

Hennie ·

MOET so baie van julle elke berig op die een of ander wyse as ‘n taal-probleem hanteer?
Spits julle eerder toe op die inhoud en implikasies van berigte, asseblief!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.