Twee polisiebeamptes van Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo is Donderdag in die dorp se streekhof tot vyf jaar direkte tronkstraf elk vir korrupsie gevonnis.
Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, sê AO Malose Frans Mogatla (52) en sers. Madimetja Justice Lamola (37) is in April 2018 in hegtenis geneem. Dít nadat inligting aan die lig gekom het dat die beamptes R500 van ʼn ongedokumenteerde buitelander geëis het nadat hulle hom in die dorp in hegtenis geneem het.
Die beamptes is vroeër op borgtog vrygelaat totdat hulle op 28 September skuldig bevind is aan korrupsie.
Die beamptes is Donderdag gevonnis en ongeskik verklaar om ʼn vuurwapen te besit.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Dink net ‘n AO doen dit.
Gooi jou naam weg vir R500 lekker man lekker! 2 down a couple more to go! Hoop nie hulle ontsnap ook nie
En nou is daar nog kriminele wat voorheen polisiemanne was…..
Die voorbeeld word gestel deur hoog geplaasdes en word net deur die lede nagevolg.
Hulle gaan vir vyf jaar tronk toe oor R 500.Hoeveel grootkoppe is daar wat miljoene gevat het.Hoekom doen die SAPS nie sekerjeidsklarings voor hulle die lede indiens neem nie.So gaan kriminele nie in die diens beland nie.Ek as gewese staatsamptenare moes elke vyf jaar my sekerheidsklaring Indian.