Twee lugrederye wil saamsmelt

Arigieffoto: Airlink

Die twee onafhanklike Suid-Afrikaanse lugrederye Airlink en Safair het aangedui hulle gaan Dinsdag aansoek by die Mededingingskommissie doen vir goedkeuring om onder die sambreel van die Airlink-groep saam te smelt.

Volgens die aansoek sal Airlink en die laekoste lugredery FlySafair en Safair se ander ondernemings, waaronder humanitêre hulpvlugte, steeds afsonderlik onder hul unieke handelsmerke bedryf word.

Airlink en Safair het in ʼn gesamentlike verklaring gesê hulle sal hul onderskeie produkte, vloot van vliegtuie, bestuurspanne, en werknemers behou. Geen werkverliese word weens die konsolidasie beoog nie.

Rodger Foster, Airlink se uitvoerende hoof en besturende direkteur, het gesê Airlink se aanwins van Safair, wat finansieel robuus en winsgewend is, maak goeie sakesin.

“Dit bied die geleenthede om ons gekombineerde koste te verminder en ons vir groei te posisioneer, terwyl ons terselfdertyd lugreise meer toeganklik en bekostigbaar vir ons kliënte reg oor Suider Afrika maak,” het Foster gesê.

“Ons gekombineerde netwerke sal ons in staat stel om 37 bestemmings in nege lande in Suider Afrika, langs die Indiese Oseaan en St. Helena te bereik. Dit sal handel, toerisme en ekonomiese asook maatskaplike ontwikkeling in al ons markte stimuleer.”

Die maatskappye het gesê die aankoop van Safair sal nie Airlink se bestaande SAL-vennootskap beïnvloed nie.

Die maatskappye het gesê meer besonderhede sal verskaf word wanneer die Mededingingskommissie oor die aansoek besluit het, wat na verwagting in die eerste kwartaal van 2018 sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lugwaardin ·

Dalk moet julle maar die SAA ook by die samesmelting inwerk, dalk vlieg hy weer (sonder skuld).

Gatvol ·

Ek weet nie so lekker nie. Hoop nie van winsgewend tot bankrot nie!!!!!!!!

Chris Ws ·

Geen besigheidsman koop ‘n skip wat al gesink het nie.Wat uit hierdie samesmelting gaan gebeur is dat SAA nog strawwer kompetiesie gaan he en ons weet wat dit beteken!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.