Twee luiperds geskiet ná kind se dood

Foto ter illustrasie: Pixabay

Twee luiperds is van kant gemaak nadat ʼn twee en ʼn half jaar oue seuntjie Woensdagaand deur ʼn luiperd in die Krugerwildtuin aangeval en dood is.

Die twee luiperdwyfies is doodgeskiet in die onmiddellike omgewing van die woonkwartiere vir die personeel van Malelane se tegniese dienste waar die aanval plaasgevind het, het Isaac Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, gesê.

Volgens Phaahla het nadoodse ondersoeke op die volwasse luiperdwyfie en ʼn jonger wyfie aangedui dat hulle gesond was en geen beserings gehad het voor hulle van kant gemaak is nie. Die ouer wyfie was redelik vet maar haar maag was leeg terwyl die jonger wyfie onlangs ʼn rooibok gejag het.

“Dit beteken die diere was nie desperaat nie en dit was heel waarskynlik opportunistiese instink aan die kant van die ouer wyfie.”

Die seuntjie is as Courtney Ntimane geïdentifiseer. Volgens Phaahla sal Courtney Saterdag in Mkhuhlu begrawe word.

Isaiah Ntimane (35), Courtney se pa, het intussen aan The Star gesê dat sy vrou en seun in Bosbokrand bly en by hom kom kuier het. Die gesin was besig om te braai toe die aanval plaasgevind het. Volgens Ntimane het hy na sy huis geloop en het hy nie geweet Courtney kom agter hom aan nie. Hy het die volgende oomblik ʼn gegil gehoor en toe gesien ʼn luiperd het sy seuntjie beet.

Ntimane het aan The Star gesê die luiperd het Courtney oor die heining probeer trek maar het die bebloede kind laat val en in die veld verdwyn.

Die voorval het omstreeks 20:00 plaasgevind en Courtney is deur dokters by die Shongwe-hospitaal dood verklaar nadat sy ouers met hom daarheen gejaag het.

Phaahla het gesê SANParke wil graag besoekers en ander belanghebbendes wat die wildtuin besoek, verseker dat dit veilig is solank hulle die reëls nakom. Hy het veral daarop gewys dat mense wat wilde diere voer ʼn groot probleem is en dat dit daartoe lei dat die diere hul vrees vir mense verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Liezel ·

Ai dit is so hartseer, die arme seuntjie, Hy is dieselfde ouderdom as een van myne. Baie sterkte aan die familie.

Aineeman ·

Ons n kind te verloor is n onbeskryflike hartseer en ek is so jammer, maar is dit nodig om trigger happy te raak en 2 luiperds dood te skiet terwyl mense in hulle natuurlike gebied was?

Jacqui ·

Ek stem saam met jou. Die fout lê by swak onderhoud om d kamp. Bome na aan kamp drade moet verwyder of terug gesny word om te verseker die diere kan nie oorspring nie. Hartseer vir die kleinding.

Ingo ·

…en selfs waar die diere teen mense beskerm moet word,agter hoë hekke en draad(mense noem dit wildreservate) is die diere nie eers veilig nie.
Geen meer plek vir die dier om meer dier te wees nie.
Baie jammer oor die kind en meegevoel met die ouers, maar hoekom moes die jagluiperde van kant gemaak geword het?Is dit omdat iets of iemand nou daarvoor moet boet.Gaan dit die kind terugbring?
As die kind deur weerlig doodgeslaan was,sou iemand skote in die wolke geskiet het?
Daar moes eerder ñ ondersoek uitgevoer gewees het of die werkershuise regtig beveilig was, en as dit was en die mense het buite die veilige omheining gegaan,is dit dan nie die mens se skuld en nie die diere s’n, wat geen meer normale wêreld het nie?
Vra maar net!

Helga ·

Dit is baie hartseer oor die seuntjie wat sy lewe verloor het, maar ek voel ook dis baie onnodig om die arme dier te straf vir iets wat in sy natuur is. Ons wild moet beskerm word, nie deur ‘n plek waar hulle moet veilig wees, geskiet word nie.

Ai. ·

Kyk ek is jammer vir die kind en die ouers maar dit is een van die laaste plekke wat diere oor het nadat ons mensdom alles van hulle weg gevat het!!! Hoekom die twee luiperds dood maak??? Kan nie saam stem nie! Mense moet verstaan jy is in hul habitat nie anders om nie!

Cherokee ·

Dit was bietjie komies toe ‘n aap so drie dae gelede aan die diefwering voor my kantoorvenster vashou en na binne loer. Toe is ek in die hok en die wilde dier buite.

Erica Roos ·

Ek laat sak my kop in skaamte voor GOD om te dink dat Hy my toevertrou met Sy diere en dan gebeur dit, hoekom hulle nie weg gevat het uit die omgewing en hervestig nie, een vraag is die kampe dan nie omhein en hoe kon die luiperd inkom

ne ·

Lyk my hulle is nou vir alle luiperds kwaad. Hoekom twee doodskiet? Dit is diere, mense het verstand die dier reageer op sy instink!

Ekke ·

Nee hoor !!! hoekom is ‘n tweede Luiperd geskiet…gaan hulle almal nou maar een vir een uitgehaal word ???? Skokkend !!

SPCA hulp ·

Kan die SPCA nie hier ingryp nie? SANPARKS gaan al die die diere met kolle doodskiet, net vir ingeval dit dalk daai een was wat die kind gegryp het. 2 Doodskiet? Rerig? Dit maak my siek!

Amanda ·

Waarom die 2 diere wat net hulle instinkte in die natuur volg, van kant maak? Dis is ongelooflik hartseer van die seuntjie wat dood is, en ek wens dit vir geen ouer toe nie, maar dit bly wilde diere se habitat. As die skietery nou in ‘n stedelike gebied gebeur het, kon ek dit dalk nog verstaan het, maar nie in die wildtuin nie.

Chantel ·

Voel jammer vir die familie. Kan my in dink waardeur hulle gaan.

Maar om die diere te geskiet, WREED. Kon ‘n ander plan gemaak het.

wonder maar net ·

Nee die dier is gesape om gejag te word nie die mens nie. En wie gaan daar werk sodat jy in n skoon ordentlike plek kan vakansie gaan hou? Daai pappa het sy werk gedoen en sy kind is vermoor!!

Ronel ·

Wonder maar net, mense wat in plaasaanvalle sterf word vermoor! Hierdie arme diere is reeds besig om uit te sterf, hoe op aarde moes hulle weet dis ‘n klein kindjie en nie prooi nie? Dalk moet ALLE diere met kolle maar geskiet word ne, dan weet ons verseker dat die seuntjie se viervoetmoordenaar dood is. Ai Ai.

Johnna ·

Was dit nou regtig nodig om die diere dood te skiet?baie hartseer oor die ouers se verlies Hulle kan eerder die diere verdoof het en dan geskuif het.

Belinda ·

En so word ons bedreigde spesie al hoe minder.
Geen dier sal weet wat is reg of verkeerd nie.
Jammer om te hoorvan die kind ook maar daai was die Luiperde se tuiste!!!!!!!!!

Lea ·

As jy diere in die wildtuin wil afmaai hoort jy nie daar nie.

RS ·

Waarvoor moet die diere gedood word as die mens in hul area is? dis nie regverdig nie.

Estelle ·

Dis ‘n WILDtuin… Ons as mens betree die diere se natuurlike habitat en verwag dan die diere moenie soos diere optree nie?? Dis verskriklik om ‘n kind te verloor en my innige meegevoel met die ouers,maar om twee luiperde van kant te maak omdat hulle volgens hulle instink opgetree het gaan nie die kind terugbring nie.

Bridget ·

Dit is baie tragies oor die kind maar hoekom moet die diere geskiet word stem saam met die ander elke keer as ‘n dier dood byt of aan val word hulle geskiet genade een van die dae is al die diere ook uit gewis

Roberto Betta ·

So one leopard is innocent and the other not, way to go! And I magine if there were ten in the vicinity.

Blommie ·

My innigste simpatie aan die ouers want jou kind bly jou kind. Ek stem saam met almal. Die diere kon verskuif word as daar 100% sekerheid was oor hulle. Jy skiet nie net. Maak julle haai ook dood as hulle aangeval het. Ek vra ook maar net

PJC ·

As daar ń heining was het dit gewis nie aan die nodige standaarde voldoen nie en moet Sanparke verantwoordelikheidvir hierdie voorval aanvaar of die ouers was agtelosig en nou moet al wat luiperd is dit ontgeld.

Helene ·

Jammer vr seuntjie, maar dit was nie nodig om die luiperds van kant te maak nie. Hulle was in hulle natuurlike habitat. Hoekom hulle net dart en verskuif na ‘n ander plek nie.

AndrewL ·

Dis tragies om ‘n kind so te verloor, maar wie is verantwoordelik vir die omheining en veiligheid? En vir wie is die velle nou ‘n “geskenk”?

Chrisjan ·

En so gaan ons almal min of meer (soos hierbo) kommentaar lewer tot ons ook kolle ••• uitslaan, en niks gaan verander nie, tensy ons almal vir n slag saam ons kolle (ontevredenheid) wys en Sanparke (alle parke) boikot en só ons geld gebruik om nie hul koeëls te finansier nie. Wil graag sien wat hul amptelike beleid is oor die doodskiet van diere. Skande om so kortsigtig te wees.

Chantel ·

Ongelukkig as sy een keer mens gejag het sal sy weer en dis hoekom hulle van kant gemaak word. Maak eerder ‘n grooter bohaai oor mense wat hulle voer en dink hulle is troeteldiere as die mense wat reageer uit jare se ondervinding.

Magda Kruger ·

Wat ‘n tragiese voorval – vir beide mens en dier. Dit is net so verkeerd om ‘n dier te straf wat slegs instink het. Die mens is die groot skuldige party hier, want hulle het verstand en denke… SANPARKE moet sorg dat die personeel beveilig word, indien hulle in die nasionale parke MOET bly. Die mens het die dier se habitat binnegedring en kan nie die diere verkwalik wat slegs hul instink volg nie – vir hulle is daar nie ‘n ‘reg’ of ‘verkeerd’ nie…..

Luiperd ·

Dis so verkeers om diere net links en regs af te maai in hulle natuurlike habitat. Weereens in n wildtuin moet n mens ekstra versigtig en paraat wees veral mense wat daar werk moet eerste daarop let. Netsowel dit was n slang wat ingesuil het onder die bed. Kinders moet in elgeval nie in die nag buite rondloop nie. Dis juis wanneer dierelewe op sy hoogste is. Jagtyd….

Ann ·

Ek voel jammer vir die seuntjie wat dood is en ook simpatiseer met die ouers. Maar was die plek veilig en omhein. Ek is baie ongelukkig dat 2 pragtige diere doodgeskiet is agv daarvan.

Annapatat ·

My innige meegevoel met die ouers van die seuntjie.

Ons mensdom wil diere op ‘n bedrygde spesie lys sit wanneer hulle aan die uitsterf is, maar intussen is ons díe wat hulle uitroei.

So sal alles nog uitgeroei word deur mense!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.