Twee lyke in rivier naby Piet Retief gekry

Argieffoto

Die Mpumalanga-polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle by te staan in ʼn moordondersoek nadat die liggame van twee mense in ʼn rivier naby Piet Retief gekry is.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê ʼn verbyganger het Maandag die twee liggame in die rivier sien dryf en die polisie ontbied.

“Die polisie het die liggaam van ʼn man met ʼn tou om sy nek sowel as die naakte liggaam van ʼn vrou uit die water gehaal,” het Sedibe gesê.

Volgens Sedibe dui voorlopige ondersoek daarop dat die slagoffers glo deur vier verdagtes in Dirkiesdorp ontvoer en aangerand is. Die identiteit van die slagoffers is nie bekend gemaak nie.

Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om lt.kol. Mbongeni Myeni by 082 556 5605 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tanzie ·

“Die identiteit van die slagoffers is nie bekend gemaak nie” maar net daarna “Enige iemand met inligting wat die polisie in hulle ondersoek kan bystaan”. Hoe op hierdie aarde sal enige iemand kan help as daar nie eers genoem word watter klere die slagoffers aangehad het nie, of hulle velkleur of hulle geskatte ouderdom! Nee man, hoe sal enige een kan help!

pearl ·

tanzy dit beteken hulle kon nog nie se wie die vermoordes is nie maar hulle soek inligting oor wat gebeur het.

Andre ·

Die vrou se klere is maklik, GEEN. Die man sin? As dit al is wat die polisie mag / kan sê, sê dan wat se tipe tou en wat se knoop was dan in die tou, daar is baie tipe knope….

Alida ·

Die naasbestaandes moet seker gaan aanmeld dat hule mense weg is dan werk hulle vandaar af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.