Twee lyke naby weermagbasis gevind

Foto: ER24

Die liggame van twee mans is Dinsdagoggend in ʼn veld naby die Tempe-weermagbasis in Bloemfontein gevind.

Plaaslike owerhede het paramedici na die toneel ontbied nadat daar op een van die liggame afgekom is.

“Dit is duidelik dat die man reeds ʼn geruime tyd dood is. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

Paramedici was nog op die toneel besig toe ʼn tweede liggaam ʼn ent verder in die veld ontdek is. “Die man is ook al ʼn geruime tyd dood.”

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê twee geregtelike doodsondersoeke is geopen om die mans se oorsaak van dood te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JohanR ·

Dis die probleem met enige berig in SA Hekwag…..wit, swart, weermaglede, siviele persone van Mars…..WAT. Miskien moet die velkleur in ‘n berig nou aangewys word as BLM. WLM, CLM, ILM? Dit dek seker al die gemeentes, en velkleure in Suid Afrika?

Scalla ·

Hoe kan iemand net verdwyn of dood wees en niemand kom dit agter nie, het hul nie familie en vriende nie?

Stofdonkie ·

Dis duidelik hy was al ‘n geruime tyd dood en niks kon vir hom op die toneel gedoen word nie. Gewoonlik kan daar nie iets gedoen word vir iemand wat al ‘n geruime tyd dood is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.