Twee lyke op plaas gevind

Argieffoto: Maroela Media

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat twee ontbinde liggame Dinsdag op ʼn plaas tussen Parys en Fochville gevind is.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het gesê die twee mans is deur ʼn verbyganger in ʼn gebrande stuk veld gevind. Albei mans het skietwonde aan die agterkant van hul koppe gehad.

“Die mans is vermoedelik tussen die ouderdomme van 35 en 40 jaar. Een van hulle het ʼn blou hemp aangehad. Die ander liggaam is onherkenbaar verbrand aangesien daar twee dae gelede ʼn veldbrand op die plaas was,” het Mokgwabone gesê.

Hy het gesê die motief vir die moord is nog onbekend.

“Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met meer inligting wat die polisie kan help om die slagoffers te identifiseer, om ao. Letimile Melato by 082 416 2348 of brig. Clifford Kgorane by 082 492 3921 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hettie ·

Voor nuus het gewys “wit man” se lyk gevind en hierdie nuus wat 2 mans se lyk op plaas gevind, niks noem wit of swart mans nie! Hoekom voor noem “wit man”? Hoekom nie “swart man” genome nie?

pola ·

slegs spekulasie,maar hul wou by n plaas inbreek en het hul moses tee gekom en siedaar?!maybe?

Irene ·

Soveel hartseer in hierdie land dan nog sulke nuus elke dag het die mense nie gewete nie dan word mense uitgejooi plekke afgebrand mense vermoor gronde beset tog behoort alles aan die Vader daar Bo. Wanneer stop al hierdie dinge

tanya ·

Hoe op hierdie aarde is mens veronderstel om te help as daar GEEN inligting van die mans is nie. Nie eers ‘n velkleur nie?

cor ·

Jy kan help deur van winkel tot winkel en huis tot huis te gaan en te vra wie het n blou hemp gekoop of gedra en siedaar die saak is opgelos, want daar gaan mos net een mens met n blou hemp wees in hierdie land. Die res dra ander kleur hemde.

JC ·

Was dit nie dalk skobbejakke wat probeer het om die Boer uit sy opstal te lok deur ‘n veldbrand te begin, toe vang Slim sy Baas nie?

Piet ·

Ja dit was verseker n skobbejak wat n boer wou aanval, hulle dra mos altyd blou hemde. Kom tog nou MM, kan julle nie maar behoorlike beriggewing doen en se hoe lyk die man nie? Om sy hemp te beskryf kon julle maar net sowel gelos het -ek dink dis belaglik.

san ·

HULLE HET NIE DOOD GEBRAND AS JULLE MOOI LEES WAS DIT TWEE ONTBINDE LYKE. SO DIT WIL SE HULLE WAS REEDS DOOD VOOR BRAND??? VRA MAAR NET

Marie ·

Liewe hemel die boere word so uit geroei. Elke dag lees jy daarvan. Moet ons maar wag tot iemand binne jou huis is en aangerand en gemartel word voor jy jouself beveilig. N mens moet deesdae met oop oe slaap. Hier was 4 mans in my huis n ruk terug. Ek het 4 uur op wakker geword en gesien al die ligte is dood. Nou slaap ek nie meer nie. Net 5 uur die oggend sal ek my oe toe maak. Die vrees dat so iets ooit weer gebeur is vreeslik

SARIE VAN HEERDEN ·

PRAGTIG, ons moet help soek na twee mans wat vermoedelik vermoor (?) is. Een het ‘n blou hemp aangehad. Waarna moet gesoek word? Watter kleur is hul velle. Moontlik sal die polisie weet want hul se selfs wat die ouderdom van die slagoffers was. Hoe de swernoot vord mense gesoek met hierdie minimale inligting? Miskien kan ‘n sangoma help.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.