Twee lyke op plaas gevind

[OPVOLG] Die polisie het intussen die identiteit van die oorledenes vasgestel. Lees gerus die opvolgberig.

misdaadtoneel

Argieffoto

Die Noordwes-polisie ondersoek ʼn dubbelmoord nadat die liggame van ʼn man en vrou op ʼn plaas naby Rustenburg gevind is.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn plaaswerker het Saterdag op die liggaam van ʼn 24-jarige man in die veld afgekom en die polisie ontbied. Met hul aankoms op die plaas het die polisie die toneel gefynkam en ʼn vrou se broek gevind.

“Die polisie het Sondag hul ondersoek op die toneel hervat en dit het tot die ontdekking van ʼn vrou se liggaam gelei,” het Mokgwabone gesê. Hy het gesê dit wil voorkom of die man met ʼn skerp voorwerp doodgesteek en die vrou geskiet is.

Mokgwabone kon nie onmiddellik meer besonderhede oor die identiteit van die slagoffers en die motief van die moord bekendmaak nie en het gesê dit word nog ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Michael ·

Die verslag is so vaag ek maak geen sin hiervan was dit weer ‘n boer en sy vrou of plaaswerkers miskien pakestaniers wat ‘n winkel op die plaas bedryf ????

Sune van Heerden ·

Dagsê Michael

Maroela Media het by die polisie navraag gedoen oor die identiteit van die slagoffers, maar hulle kon in die stadium nie enige verdere inligting verskaf nie. Dit is dus nie dadelik duidelik of die oorledenes eienaars, inwoners of werkers op die plaas was nie. Maroela Media sal verdere inligting publiseer sodra dit beskikbaar is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ivan ·

HOEKOM is die media en die polisie altyd vaag oor die identiteit en ras van vermoorde persone en van die moordenaars. Dis mos n reenboog nasie, so HOEKOM die waarheid verbloem of wegsteek vir die publiek wat die reg het om te weet wat aan gaan.

Sune van Heerden ·

Dagsê Ivan

Die identiteit van slagoffers word in sommige gevalle aanvanklik weerhou weens verskeie redes. Dit kan wees dat die polisie moontlik in ‘n sensitiewe stadium met die ondersoek is, of naasbestaandes van die slagoffers moontlik nog nie in kennis gestel is nie, of die identiteit van die slagoffers eers bevestig moet word.

Maroela Media het by die polisie navraag gedoen oor die identiteit van die slagoffers, maar hulle kon nie in die stadium enige verdere inligting verskaf nie. Maroela sal verdere inligting publiseer sodra dit aan ons bekend gemaak word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Chantel burgess ·

When will it end? Farm murders are seldom if ever reported on the news. International communities have no idea farmers and their families are being killed at a very very fast rate!!! It’s white genocide….. and NO ONE… I mean NO ONE cares or is prepared to even challenge the govt, judicial system or even bother to catch perpetrators

Muysvogel ·

Wrong Chantel, very wrong! The Freedom Front and Afriforum are challenging this bad government all the time…

Gesiggie ·

PLAASMOORDE…. N vraag wat bly gevra word… sodat mense kan stem”’ DINK JY DIE DOODSTRAF MOET TERUGGEBRING WORD……. JA EN WEEREENS JA. Dit is al manier hoe hierdie mense wat ander uitmoor gaan leer.. en al manier hoe n mens ontslae gaan kan raak van hierdie plaas moorde… dit gaan net aan en aan, want Tronkstraf is te maklik, hul sit vir n kort ruk, kom uit en doen dit net weer.. Red ons Land, Red ons mense.

Karma ·

Gesiggie, ek dink die doodstraf is nie werklik ‘n afskrikmiddel vir misdaad nie. Kyk so na die saak: ons sit met (ongelukkig in ‘n groot mate) ‘n korrupte polisie mag [met apologie aan die manne/vroue in blou wat met trots hul werk doen] en ‘n oneffektiewe regstelsel. As die doodstraf weer teruggebring word (wat nie sal gebeur nie, want daar word te veel op menseregte gekonsentreer in SA), beteken dit net dat die misdadiger vir JARE in die tronk sit (op die belastingbetaler se onkoste) en appél na appél aanteken tot die vonnis omgedraai of verminder word.

Ratel ·

Ek lees in die Zimbabwe Herald dat permanente verblyfvisas aan Zimbabwiërs uitgedeel word om in Noordwes te bly.

Sus ·

Net soveel soos ek graag wil hê dat ‘n moordenaar die doodstraf moet kry sal dit in lengte van dae nóóit weer in hierdie land gebeur nie – nie solank die huidige regering aan bewind is nie. En dit is so opgeteken in ons grondwet. As die nuusmedia nie eers belang stel om oor plaasmoorde te rapporteer nie, hoe sal die regering enigsins ‘n wet verander om hulle eie kiesers met doodstraf te belas?

Akram ·

Genugtig dit raak nou al erger. ek wil ook my mening lig oor die informasie wat vaag is. daar is redes dat inligting soms vaag deurgegee word. Soms is die inligting wat op n toneel bymekaar gemaak word baie sensitief en dus nie geoorloof om in die media te plaas nie. die ondersoek kan dalk in n gevorderde staduim wees en indien meer inligting gegee word, die saak bemoeilik of self in die wiele ry. n Ander rede is ook dat daar so bsie mense is wat sensasie soek. dus oe meer inligting bekend gemaak word, so n persoon hom self in die misdaad in lewe en sodoende die nuus haal. hoe minder inligting uitgegee word, hoe moeiliker is dit om iets te fabriseer en sodoende die sensasie te kry en media te haal. sulke persone mors baie van die ondersoek tyd. die oorledene se naasbestaandes word ook gepoog om so spoedig as moontlik opgespoor te word. dit moet erg wees om in die media te verneem van n geliefde se afsterwe voordat die naasbestaandes in kennis gestel is.

Des Nigrini ·

Die voorval word Saterdag ontdek, polisie kry vrou se broek. Soektog word Saterdag gestaak en word eers weer op Sondag hervat. Werk polisie nie in nag nie of is hulle bang? Red ons land met so ‘n polisie mag.

Wat-ek-lees ·

Des, ons kan net bly wees dat hulle darem ‘op diens’ is naweke maar dit sê nog nie dat daar gewerk moet word. Seker ook daar vir die oortyd . . .

CAB ·

Ek vra weer waar is die valke in hierdie geval, o askies dit is seker iemand wat die wet gehoorsaam.
Jammer maroela maar hierdie vraag sal ek elke keer vra?? WAAR IS DIE VALKE!!!
Onskuldige mense word vermoor en die valke is nie te siene nie.. Nes met Kayla en gesin nog niks!! regtig!! 16 jarige meisiekind wreed vermoo!!! waar is die valke!! o hulle nog besige met onskuldige plaas aanvallers se saak.. AI Wat n mors van geld..

Stefan ·

Ek verstaan net nie hoekom almal so verbaas is oor die erge misdaad en die staat se onvermoë nie. Dit is mos maar hoe dit sal gaan as jy in die mag van jou vyand oorgegee is* dan nie? Kwaad en ontsteld ja, verbaas, nee.

Bella ·

Motief vir die moorde? MOORD……dis die motief, niks anders nie. Of miskien net haat.

Tina du Toit ·

Ek weet verseker dat hulle nie blank was, want my mede kollega bly op die perseel waar die vrou gewerk het, maar dit sal seker later uitkom.

BOER ·

Ras het niks hiermee te doen nie. Moord bly moord en solank n lewe niks werd is nie sal dit herhaal en herhaal en herhaal. Ons kerm en kla almal maar sodra jy jouself verdedig mord jy van moord aangekla. My buurman het iemand geskiet waar die polisie te bang was om in die veld agter hom aan te gaan. Die skurk [by gebrek om hom op sy regte naam te noem] het 7 skote geskiet en buurman net 1. Dis nou 5 maande later en duisende rande se kostes maar die saak gaan steeds voort teen hom. Daar is geen hoop vir afrika nie. Etniese suiwering soos in Ruanda is wat besig is om te gebeur. Ons is net te stupid om dit te besef.

Theresa ·

Ratel, dink jy daardie inligting is al ooit op ‘n voorblad die afgelope ruk in ons land gepubliseer? Sulke inligting mag mos nie weggehou word van ons as publiek nie? Wie kan antwoord?

Yolandi Venter ·

Ek wil net se dat ek verstaan nie hkm die poliesie so n vals verklaring gegee het nie. Patricia het vir 11 jaar vir ons gewerk. Ek was reeds opsoek na haar van vrydag nag af +/- 12 uur. Sy het nie Saterdag opgedaag vir werk nie en ons het aangehou soek. Hulle het kamstig met honde kom soek maar niks gekry nie. Haar sussie het Sondag 13 30 op haar liggaam afgekom so 300 m verder.

Yolandi Venter ·

Hulle was nie blank nie maar dit is n onskuldige lewe wat geneem is. Die motief sal ons seker nooit weet nie maar dit was defnitief nie n roof nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.