Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê een van die liggame wat Dinsdag uit die rivier gehaal is, is reeds geïdentifiseer as dié van Lucas Lukhele (32). Hy was ʼn inwoner van die area. Lukhele se hande was agter sy rug vasgemaak en hy het steekwonde aan sy liggaam gehad.
ʼn Tweede man, in sy vroeë 50’s, se liggaam is Maandag uit die rivier gehaal. Sy identiteit is nog onbekend.
“’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die slagoffers elders doodgemaak is voordat hul liggame in die rivier gestort is. Inwoners het die polisie in kennis gestel toe hulle ʼn liggaam in die rivier sien dryf het,” het Mohlala gesê.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Spelling heel moontlik “eMbalenhle” i.p.v. “Embalenhle”. Ook het Grootspruit nou ‘n “facelift” gehad en die mooi naampie “Wolamlambo-rivier” gekry. In daardie wêreld is daar net waterlope (lopies) wat dan groter word en tot spruite ontwikkel. Daarna sluit Grootspruit saam met ander spruite aan by die Watervalrivier wat op sy beurt eindig en aansluit by die Vaalrivier.
Natuurlik klink “Wolamlambo-RIVIER” meer indrukwekkend as “Wolamlambo-spruit”.
Die naamsverandering gaan egter nie meebring dat minder riool in die RIVIER gestort word.
Ook is eMbalenhle nie vêr geleë van Evander en Secunda (dis nou ook indien die dorpsname nog nie verander is na ‘cities” . . . .)
Volgens die plaaslike koerant Ridge Times is dit die “Welambambo-rivier”.
Ons sal die tongknopername moet leer om by te bly . . .