Twee maande ná parool moor hy glo weer

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man wat twee maande terug op parool vrygelaat is nadat hy tronkstraf vir moord uitgedien het, is weer in verband met ʼn moord in hegtenis geneem.

Die 38-jarige man is in Jeppestown in Johannesburg in hegtenis geneem, het kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die verdagte het glo op 13 Mei sy vriendin Gugu Mdletshe erg aangerand waarna sy na ʼn hospitaal geneem is en aan haar beserings beswyk het.” Die voorval het in KwaMakhuta naby Amanzimtoti in KwaZulu-Natal plaasgevind.

“Die verdagte het gevlug en ʼn deeglike ondersoek het tot sy inhegtenisneming gelei.” Die verdagte is intussen terug na KwaZulu-Natal geneem waar hy Maandag in die Nsimbini-landdroshof sal verskyn op aanklag van moord.

Volgens Gwala is die verdagte twee maande gelede op parool vrygelaat nadat hy in April 2013 tot 11 jaar tronkstraf gevonnis is vir moord. Hy het in Junie 2012 sy destydse vriendin Nomfundo Mthembu erg aangerand waarna sy oorlede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Chris Ws ·

ons regstelsel is sieklik.Hoe kan so iemand op parool vrygelaat word?Die gespuis wat hom op parool laat vryloop het is nou ook aandadig aan sy daad.

AW ·

Maklik !!

Viva South Africa’s Liberal Constitution !!
Viva !!

Skerpioen ·

En dan wil hulle n halfway house in ons woonbuurt Universitas Bfn oopmaak vir gevangenes wat op parool uitkom. Met n laerskool en creches rondom die huis. Toe ons inwoners moun was die regering baie verslae oor ons reaksie…. I state my case!!!

Ian ·

Hoe kry enige persoon dit reg om net 11 jaar vir ‘n moord te kry en dan is jy 6 jaar later weer uit om dieselfde oortreding te pleeg. Veels geluk aan al die itdiote wat deel was van die strafproses asook die vrylating. Julle verdien almal die doodstraf!!!

Elsie ·

The justice system in SA is failing us.!!!!! How in ones right mind can he get 11 years for murder and only sit 6 years. Now out for 2 months and murdering again.
WHERE IS FAIR JUSTICE IN THIS COUNTRY…. WHERE? When is there fair justice for honest hardworking tax abiding citizens. ????? This is a disgrace that the justice system protect murderers to the full extend. We.. Normal citizens has no rights at all.!

sweis ·

Dit gebeur gereeld die tronke is oorvol ,nuwes word nie gebou nie so hoe lank dink jy spandeer n gevonniste plaasaanvaller wat 15 jaar gevonnis is?

Netso ·

Die doel van ñ tronk is om die gemors uit die samelewing te kry nie. SA…… werk niks nie, punt!

p ·

Die duiwel probeer alles, maar Jesus gaan die GROOToordeel vel, ek bid God dat my gesin dit sal vryspring.

Saint ·

Gewoonte misdadiger ?
Sosiopaat?
Moet in toekoms noukeuriger kyk na vonnis.

Dries du Toit ·

Dit is niks. SA se vise President word ook beskuldig van onder andere moord.

Dion ·

Mense julle moet verstaan dat die tronk vandag soos n 5 ster hotel is. Ek weet want ek werk allermins 39 jaar daar. Dit is lankal nie meer soos vroeer jare nie. Dit is hoekom hulle aanmekaar sal terugkom

Ruaan ·

Dagvaar die Voorsitter van die Paroolraad. Dit is omdat daar deesdae onbevoegde mense in posisies sit waarvoor hul nie gekwalifiseerd is nie. Lede smokkel met gevangenes; meeste is net aan diens maar weet nie eintlik wat hul moet doen nie. As tronke n vyfster vesting is, is omdat personeel dit toelaat. Swak swakker pateties!!!!!

Michelle ·

More word hy weer op parool vrygelaat en oormôre weer, en as ons weer lees sit ons met ‘n siek reeksmoordenaar. Niemand hou die stelsel op datum nie daar word nie eers moeite gedoen met ‘n saak nie. Meeste sake lê en stof gaar.

Basie ·

Hy gaan nou “steppies” kry, ‘n hoër rang, so beter voordele vir hom….. hoe siek is dit nie. Miskien van sersant na luitenant in die tronk herargie!! Dis om van te ????

Robert ·

…..en vir die wat nie ń voorstander van die doodstraf is nie, wat nou, wat anders sal help ?

Kobie ·

Navorsing het gewys min moordenaars rehabiliteer. In Suid Afrika is die mense regte van die kriminele prioriteit en die res van die gemeenskap word uit gemoor. Is daar dan so min insig en breins by die regering???

ne ·

Hier is ernstige probleme in SA. Die regstelsel kyk na ras. Was dit wit het hy nog gesit. Maar nee hy is mos kroonwild in vrot SA.

J ·

So, hy het nie eers 6 jaar gesit nie, vir MOORD nie, maar mense wat diewe skrikmaak met n doodskis moet langer sit, en glo my, hulle sal nooit voor die tyd parool kry nie, Siek siek regstelsel, regte piesangrepubliek,

Jozi ·

Nee, dis reg. Laat elke misdadiger en moordenaar maar uitkom.
Ons moet mos nou nie vergeet van hul menseregte en al daai dinge nie.
Maar die res van ons gewone ouens op straat se reg op ‘n redelike veilige omgewing word geheel en al misgekyk.

Vreeslik ·

Harde hande arbeid sal help. Ons land kan doen moet extra huise, paaie opknap, sommer net rommel optel. Soos ouds, boei almal aanmekaar vas en laat hulle van son op tot onder gratis werk.

Slim Jan ·

Nee my maat. Die skrif is aan die muur. Tronk bewoners GAAN ‘n dagtoelaag ook ontvang…….. dis mos net menslik? ? ?

Seemonster ·

Dis vir sulke monsters wat doodstraf terug gebring moet word.
Hoef nie wreed te wees nie.
Spuit hulle net ‘n ietsie en haal hulle permanent uit die samelewing

Hanna Hoekom ·

Hoop hy kon darem sy kruisie op 8 Mei trek… Siek bleddie land hierdie!

hercu ·

as voormalige moord & rood speurder wil ek nou dinge sē wat my dalk in die tronk sal laat beland!!

die hele stelsel van Cyril Ramaphosa tot onder uit is korrup!!

sweis ·

Dit weet meeste van ons dan versterk die oningeligte DA anc lite stemmers nog die anc en wil na die tyd kla.

Dafer ·

Ai, mense, dalk is hierdie ou opgeskeep met sodanige persoonlikheids probleem dat hulle hom nie in die tronk by ander ordentlike gevangenes wil he nie!

Lana ·

Walglik. NET 11 jaar gekry vir moord en het nie eers die hele 11 jaar gesit nie!!!
EN doen presies dieselfde toe hy uitkom!!!

???? leser ·

daars baie ou myne wat in onbruik is, hul vloere en mure moet skoongemaak word, gebruik misdadigers vir daardie soort werk, hoe ernstiger die geval, hoe laer vlak moet hy in werk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.