Twee maatjies verdrink in dam

Argieffoto.

Argieffoto.

Twee seuns, onderskeidelik ses en agt jaar oud, het Woensdag in ʼn klein dam in Limpopo verdrink.

Volgens kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval omstreeks 16:00 in Mashishimale in Namakgale, wes van Phalaborwa, plaasgevind.

“Die seuntjies was deel van ʼn groep kinders wat in die omgewing gespeel het. Dit was warm en hulle het besluit om te gaan swem om af te koel. Die twee het in die moeilikheid beland en verdrink,” het Otto gesê. Gemeenskapslede het die seuns se liggame uit die dam gehaal.

Die polisie het ʼn waarskuwing uitgereik en gesê ouers moet veral nou, met die skoolvakansie en die uitermatige hitte, te alle tye bewus wees van waar hul kinders is en wat hulle doen.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.