
Argieffoto: Kent Williamson
Die polisie in die Oos-Kaap is op soek na twee verdagtes wat vroeg Saterdagoggend by ʼn huis ingebreek en ʼn 62-jarige vrou beroof en verkrag het.
Volgens die speurders van Walmer, Port Elizabeth, het die klaagster van die buurt Overbaakens omstreeks 03:00 wakker geword van haar honde se geblaf. Nadat sy stemme buite gehoor het, het sy die bure gebel. Terwyl sy nog met die foongesprek besig was, het die verdagtes die kombuisdeur oopgeskop.
Sy het dit reggekry om haar in die motorhuis toe te sluit, maar die mans, wat met messe gewapen was, het ook dié vertrek se deur oopgeskop en haar terug in die huis ingeneem. Hulle het geld van haar geëis en ʼn onbekende bedrag kontant uit haar handsak geneem.
Nadat een van die verdagtes haar in die badkamer verkrag het, het die twee hulle uit die voete gemaak met ʼn selfoon, DVD-speler en kontant toe hulle die polisie hoor aankom.
Die slagoffer is hospitaal toe geneem vir behandeling.
Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, kan Walmer se speurders by 041 581 1496 of Stop Misdaad by 0860 010 111 bel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
Ek hoop Gillian Schutte sowel as Mabel Jansen lees ook hierdie berig.
Hierdie is om van te kots om die minste te sê! Walmer is ñ spogbuurt wat het die bure vir hulle self te sê?
Waar was die bure dan.
Wet moet gewysig word om kastrasie verpligtend te maak vir alle verkragters.
Jou bure is pateties!!!. Sterkte vir jou mev. Om op daai ouderdom verkrag te word deur die vuilgoed is erg.