Twee mans beroof, verkrag Baaise vrou (62)

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in die Oos-Kaap is op soek na twee verdagtes wat vroeg Saterdagoggend by ʼn huis ingebreek en ʼn 62-jarige vrou beroof en verkrag het.

Volgens die speurders van Walmer, Port Elizabeth, het die klaagster van die buurt Overbaakens omstreeks 03:00 wakker geword van haar honde se geblaf. Nadat sy stemme buite gehoor het, het sy die bure gebel. Terwyl sy nog met die foongesprek besig was, het die verdagtes die kombuisdeur oopgeskop.

Sy het dit reggekry om haar in die motorhuis toe te sluit, maar die mans, wat met messe gewapen was, het ook dié vertrek se deur oopgeskop en haar terug in die huis ingeneem. Hulle het geld van haar geëis en ʼn onbekende bedrag kontant uit haar handsak geneem.

Nadat een van die verdagtes haar in die badkamer verkrag het, het die twee hulle uit die voete gemaak met ʼn selfoon, DVD-speler en kontant toe hulle die polisie hoor aankom.

Die slagoffer is hospitaal toe geneem vir behandeling.

Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, kan Walmer se speurders by 041 581 1496 of Stop Misdaad by 0860 010 111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Cherokee ·

Ek hoop Gillian Schutte sowel as Mabel Jansen lees ook hierdie berig.

Tassie ·

Hierdie is om van te kots om die minste te sê! Walmer is ñ spogbuurt wat het die bure vir hulle self te sê?

Asmain ·

Wil ek ook weet, genade kon hulle nie gouer alarm gemaak het nie???

Kfn ·

Wet moet gewysig word om kastrasie verpligtend te maak vir alle verkragters.

Oujongvrou ·

Jou bure is pateties!!!. Sterkte vir jou mev. Om op daai ouderdom verkrag te word deur die vuilgoed is erg.

Guve ·

Ag,nee,bure,kon jul nie hoor sy word aangerand nie ,of is jy ook dalk n bejaarde?Bel dan di polisie buurtwag,maak nt alarm vir jou.naaste!!!

Krewel ·

62 is nie bejaard nie. Asseblief, mense. (Net vir die rekord: ek is in my veertigs. )

Krewel ·

62 is nie bejaard nie. Asseblief, mense. (Net vir die rekord: ek is in my veertigs. )

PJC ·

Ek wonder ook wat de hel het die bure gedoen nadat sy hulle gebel het. As jy niks anders kan doen nie bel jy weer iemand maar jy kan nie net niks doen nie.

Sarel ·

Sou graag wil hoor wat die bure se weergawe is . Ek wil nie graag veroordeel nie, Sou hulle haar net geignoreer het weet ek nie hoe hulle hulself kan verduidelik nie . Moet hulle nie uit die beurt verban word nie aangesien hulle ook as die vyand gesien moet word . Is dit moontlik om so appaties teenoor n medemens te staan. Ek hoop werklik dat daar n aanvaarbare rede is .

Andrd ·

Banggat bure te sleg om vrou in nood te hulp te snel. Wonder wat se hulle vandag vir mekaar.

deon ·

Dit is nie net blanke mense wat aan die ontvang kant van misdadigers is nie. Maar die feit is dat hierdie geweldadige misdadigers oorweldigend swart is. Politici hits hierdie mense aan. Politici doen niks om werksgeleenthede te skep of te behou nie. Sulke omstandighede skep die na misdaad en revolusie. Brand skole af? Rand brandweer en ambulans personeel aan. Ons tronke is in ‘n baie beter toestand as ons staats hospitale.

Gert ·

Almal sien net altyd die visiese gebeurtenis raak. Maar die Bybel leer ons van beter. Die Bybel leer dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie MAAR TEEN DIE BOSE MAGTE IN DIE LUG. Dis n werklikheid. Ons GELOOF red ons. Net so kan ons geloof ons beskerm van die bose se aanvalle, maar ons moet aan Yeshua behoort om dit te geniet. Tyd dat ons geloof prakties toegepas moet word. Wanneer die vyand met sy aanval wil begin; bestraf hom in die Naam van Jesus ons Koning. En hy sal vlug want die krag in die Naam is groter en sterker as wat hy het.
Dis tyd dat ons weer n biddende volk word. Indien ons ons skuld bely en laat staan sal God ons vergewe en ons land genees. DIE ANTWOORD TOT DIE OORWINNING IS JESUS ONS KONING WAT REEDS DIE STRYD GEWEN HET. IN SY NAAM IS DAAR GROOT ONUITSPREEKLIKE KRAG.

Kleinkie ·

Amen op wat Gert se. Op ons knie. Bely ons eie sondes. Straf in die Naam Van JESUS.

MS ·

Ek sal nooit kan verstaan waarom dit nodig is vir hulle om vroumense (of kinders) te verkrag nie. Dit kos blykbaar R50 om saam n prostituut te slaap en sy sal nie terug baklei nie. Dit maak my siek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.