Twee mans beseer in PE-skietery

(Foto: SA Polisie)

Die owerhede in Port Elizabeth in die Oos-Kaap ondersoek tans drie sake van poging tot moord nadat daar vermoedelik op drie mans geskiet en twee van hulle gewond is.

Kol. Priscilla Naidu, ʼn polisiewoordvoerder, sê die drie mans, wat onderskeidelik 36, 24 en 16 jaar oud is, het Maandagaand in ʼn stegie tussen China- en Swedenstraat, Timothy Valley, in Bethelsdorp gestap waar hulle twee mans in ʼn erf gewaar het.

Dit was net ná 22:00.

Volgens die polisie se inligting het een van die mans in die erf op die drie mans begin skiet, wat die slagoffers laat vlug het. Hulle het teruggehardloop na Chinastraat.

Naidu sê die 36-jarige man is in die maag gewond, terwyl die 24-jarige man in die been geskiet is. Die 16-jarige was ongedeerd.

Naidu meen die skietery hou moontlik met bendegeweld verband. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

leser ·

die polisie en weermag is nie instaat om bende geweld te keer nie,
die polisie, as julle goed is, haal die bende leiers uit, hulle dryf die lede tot geweld, moord, !!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.