Twee mans dood in motor aangetref

Foto: Verskaf.

Die polisie in Heidelberg ondersoek twee sake van moord ná twee middeljarige mans se liggame Saterdagoggend in ʼn wit Toyota Corolla gevind is.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle is Saterdagoggend omstreeks 07:20 in die Rooikraal-omgewing op die R550 gevind in die Corolla met die registrasienommer BL 84 VZ GP.

“Die mans is met skietwonde aan hul bolywe aangetref. Drie patroondoppies van ’n 9 mm-pistool het op die agterste sitplek gelê; vier ander doppies is ook nog in die motor aangetref. In totaal is daar 8 doppies op die toneel gevind,” het Tshilate gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Kol. Amanda Viljoen, stasiebevelvoerder van Heidelberg-polisiestasie, doen ʼn beroep op die publiek om na vore te kom met inligting oor die voorval wat moontlik tot inhegtenisnemings kan lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nicolaas ·

Dis dom van ‘n polisiewoordvoerder om soveel detail van ‘n moordtoneel aan die media bekend te maak. Dit kan die ondersoek later benadeel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.