Twee mans dood in motor gevind

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggame van twee mans is Maandag deur ʼn verbyganger in ʼn motor buite Rustenburg in Noordwes gevind.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans is vermoedelik albei van Lesotho. Hul liggame is in ʼn motor in die Freedom Park informele nedersetting gevind.

“Die slagoffers was werknemers van ʼn myn in die omgewing en is met hul klokkaarte geïdentifiseer. Hul liggame is naby die Impala-myn gevind. Die mans, onderskeidelik 43 en 41 jaar oud, het verskeie skietwonde aan hul liggame gehad.”

Ramaloko het gesê die motief vir die moorde is nog nie bekend en dat niemand nog in hegtenis geneem is nie. Hy het ʼn beroep op lede van die publiek wat inligting het oor die voorval gedoen om konst. Rampete te kontak by 071 251 0200.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.