Twee mans doodgeskiet op N1

Die toneel langs die N1-hooweg. Foto: @VitalmedER/Twitter

Die toneel langs die N1-hooweg. Foto: @VitalmedER/Twitter

Twee mans is Dinsdagaand in hul motors op die N1 naby die Maraisburg-afrit in Johannesburg doodgeskiet.

Lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die een motoris is glo deur ʼn ander motoris van die pad af gedwing voordat hy geskiet en sy motor aan die brand gesteek is.

Volgens Makhubela is ʼn tweede motoris, wat stilgehou het om vas te stel wat aangaan en moontlik te help, ook geskiet en vir dood in sy voertuig agtergelaat.

Makhubela het gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Shannon ·

Ja. Die pre ’92 stuk was redelik veilig. Die hipotetiese vrede en voorspoed wat sou volg indien die JA stem sou seevier hang nou egter soos `n oop riool reuk oor die reënboog land.
Wees egter bly dat die ondenkbare smart wat sou volg op `n NEE stem die arme land nie te beurt geval het nie.

ladybug ·

Daar heers ABSOLUTE chaos in ons land! Dis onaanvaarbaar!

willie olivier ·

Die rede hoekom niemand nog in hegtenis geneem is nie is omrede daar GEEN motorpatrolie op die N1 is nie! Hoekom is daar geen video kameras op die snelweg om die verkeer dop te hou nie!? Hoekom is daar geen helicopter backup nie? Waarvoor betaal ons tol-geld mr Minnaar? Al wat julke polisie doen is sit en vreet in julke polisie-karre!!!!

Aster ·

@Willie, die N1 wemel letterlik van die verkeerspolisie en dit op ‘n daaglikse basis. Dit is net jammer hulle staan nie by die regte afritte nie, die Golden Highway word daagliks oorgesien en so ook die Maraisburg afrit. Ek as vrou is doodbang vir die Maraisburg afrit aangesien dit die 3de geval die week is (Maandag se “voorval” is steeds nêrens te sien nie). Kom ons bid dat die verkeerspolisie meer aandag gee aan die regte probleem instede daarvan om te kyk wie die meeste geld vir die dag kan “insamel”!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.