Twee mans gewond in skietery

geweer4-320x1791Twee mans is Saterdagaand in ʼn skietery in Randfontein aan die Wes-Rand gewond.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê ʼn 24-jarige man is in ʼn kritieke toestand en ʼn 40-jarige man in ʼn ernstige toestand. “Albei mans is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.” Konst. Gloria Maswanganyi, woordvoerder van die polisie, sê die skietery het glo tussen 22:00 en 23:00 Saterdagaand plaasgevind. Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.