Twee mans in Centurion geskiet

OPVOLG: Die provinsiale polisiewoordvoerder het intussen die voorval bevestig. Lees die opvolgberig hier.

Foto: ER24

Twee mans is Woensdagoggend kritiek beseer tydens ʼn skietvoorval op die hoek van Jeanlaan en Gerhardstraat in Centurion.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die skietvoorval het vermoedelik ontstaan nadat vier verdagtes in ʼn sportnutsvoertuig deur wetstoepassingsbeamptes agternagesit is.

Met paramedici se aankoms op die toneel het die voertuig in die middel van die aansluiting gestaan en twee mans het langs die voertuig gelê. Albei mans is verskeie kere geskiet en was in ʼn kritieke toestand.

Die mans is op die toneel gestabiliseer en onder polisiebewaking na die Kalafong provinsiale hospitaal geneem, het Meiring gesê. Twee ander mans, wat glo deur die polisie in hegtenis geneem is, was ongedeerd.

Maroela Media verneem ʼn voertuigopsporingsmaatskappy het die voertuig agternagesit voor die skietvoorval gebeur het. Die voorafgaande gebeure is nie tans duidelik nie.

Maroela Media het die polisie om kommentaar genader en wag vir terugvoer. Meer inligting sal volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.