Twee mans in KZN aangerand, verkool

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is dood nadat hulle Maandagaand glo aangerand en aan die brand gesteek is in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het met hul aankoms op die toneel in Bob Matersonweg die smeulende oorskot van een van die mans in die middel van die pad gevind. “Die tweede man se oorskot is sowat 100 m verder in ʼn veld gevind.”

Volgens Meiring was albei mans reeds dood voor paramedici by die toneel opgedaag het. Die slagoffers het ook verskeie beenbreuke en steekwonde opgedoen.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.