Twee mans in motor doodgeskiet

misdaadtoneel

Argieffoto

Die liggame van twee mans is Donderdagoggend in ʼn toegesluite motor langs die snelweg in Pinetown, KwaZulu-Natal aangetref.

Volgens Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, was paramedici op pad na hul stasie toe hulle wetstoepassers by ʼn voertuig langs die M13-oprit opgemerk het. “Die beamptes het aangedui dat hulle hulp op die toneel benodig,” het Meiring gesê. “Hulle het die voertuig genader en die mans se liggame voor in die motor gesien. Hulle het in ʼn plas bloed gesit.”

Die mans is op die toneel dood verklaar.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die mans is omstreeks 05:00 in die voertuig doodgeskiet. “Die motief vir die skietery is nie in die stadium bekend nie,” het Zwane gesê.

Die Pinetown-polisie ondersoek twee sake van moord.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.