Twee mans in Rustenburg doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is doodgeskiet en nog ‘n man is gewond in ʼn skietery naby die Bleskop-hostel buite Rustenburg in Noordwes.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê vier taxibestuurders het gestaan en gesels toe ‘n VW Jetta naby hulle stilgehou het. Drie van die Jetta se vier insittendes het uitgeklim en op die taxibestuurders losgebrand

“Twee taxibestuurders, albei 47 jaar oud, is op die toneel dood verklaar. Een van die ander bestuurders is ernstig beseer en na ‘n hospitaal geneem vir behandeling terwyl die vierde man nie beseer is nie.”

Ngubane sê die motief vir die aanval is nog nie bekend en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie. Hy sê die voorval word in die stadium nie met die vakbond Amcu se staking in die platinumbedryf verbind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

PURE BOER ·

Moenie Gaaap nie, sulke dinge moet meer gebeur,,,, Laat die wat in die afgrond leef, hul afgrond maatjies uit-roei. Julle is stadig (baie stadig) besig om SA n bietjie veiliger te maak. En vir die polisie uintlik makliker te maak om die res op te spoor ( moes so gewees het, maar nou ja,,, ek se eerder ma niks van die sapd nie)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.