Twee mans koelbloedig by kruising doodgeskiet

Die nooddienste en polisie Dinsdag op die toneel. (Foto: Twitter/Yusuf Abramjee)

Die polisie is op die spoor van verdagtes nadat twee mans Dinsdagmiddag koelbloedig by ʼn kruising in Benoni aan die Oos-Rand doodgeskiet is.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê twee mans in ʼn Volkswagen Polo het omstreeks 14:00 van Benoni se sakesentrum in Voortrekkerweg in die rigting van McKenziepark gery toe hulle by die kruising van Snakeweg by die verkeerslig stilgehou het.

ʼn Wit Ford Ranger het agter die mans se motor stilgehou waarna ʼn man uit dié voertuig geklim, doodluiters na die VW Polo gestap en skote op die mans afgevuur het.

“Die man het toe terug na die Ford Ranger gestap, ingeklim en weggery.”

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is ná die voorval na die toneel ontbied waar hulle die slagoffers se motor oortrek met koeëlgate in die pad aangetref het.

“Die liggame van twee mans is in die motor aangetref. Hulle is albei op die toneel dood verklaar.”

Die nooddienste Dinsdag op die toneel. (Foto: Twitter/Yusuf Abramjee)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Adeline

Misdaad Mafia regeer in die land en die sapdiens is deel daarvan met die leier minister aan die hoof daarvan.

Kokerboom

Wat het van SAPD geword?

ES

Dis darem maar ‘n wettelose land die… mense word wyd en suid vermoor sonder enige vrees vir die gereg…

Danie

Waar kan ek cowboy klere en guns kry, want is western movie in lewendige terme!

Nico

Daar is te veel onwettige vuurwapens, elke Jan raap en sy maat besit ‘n vuurwapen en te veel veel vuurwapens word in gesmokkel.