Die polisie in Ipelegeng in Schweizer-Reneke, Noordwes, het ʼn 42-jarige man in hegtenis geneem nadat hy glo twee mans doodgeskiet het.
Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê die inhegtenisneming volg ná die verdagte glo Saterdag die mans, onderskeidelik 23 en 30 jaar oud, geskiet het.
“Volgens die inligting wat ons in dié stadium het, het die slagoffers, glo lede van die SVK-bende, ʼn begrafnis van ʼn lid van hul bende bygewoon waarna hulle omstreeks 10:20 na uitbreiding ses van die informele nedersetting gegaan het,” het Funani gesê.
Volgens Funani is dit nie duidelik waarom die twee mans na die verdagte se plakkershut gegaan het nie.
“Daar het glo ʼn rusie ontstaan. Die verdagte het ʼn vuurwapen uitgeruk en die twee geskiet. Hulle is op die toneel dood.”
Ná die skietery het woedende gemeenskapslede die verdagte gejaag. Hy het volgens Funani na die polisiestasie gehardloop. Hy is in hegtenis geneem en aangekla van twee pogings tot moord.
Hy sal Maandag in die Schweizer-Reneke-landdroshof verskyn.
Die slagoffers is dood. Die klagte: “pogings tot moord”. Ek verstaan nou hoekom Trump die term “fopnuus” gebruik..
Poging tot Moord?????
Die twee mans is dan dood…..
Onthou die is Afrika hulle is doodgeskiet maar miskien lewe hul nog !!!
Lees more weer miskien word dit dan ‘n klag van moord.
Koos B, jou antwoord het my blou Maandag sommer stukke verbeter. So tussen al die slegte nuus, is dit goed om ‘n verfrissende antwoord te lees.
Soos jy sê Koos B, westerse biologie en fisika reëls geld nie in Afrika nie. ‘n Goeie spuit Terramycin behoort hulle dalk nog deur te trek…