Twee mans kritiek ná botsing teen perde, donkie

Die ongeluk het op die N12-Potchefstroompad (Foto: Netcare911)

Twee mans van Krugersdorp is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hulle Sondag in die vroeë oggendure teen ʼn donkie en twee perde gebots het.

Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, het gesê die ongeluk het op die N12-Potchefstroompad, bykans 40 km buite Soweto, plaasgevind.

Die impak van die ongeluk het die bakkie die veld in laat jaag.

Volgens Botha was albei perde en die donkie dood, en albei mans in ʼn kritieke toestand.

Die mans is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

ʼn Ondersoek na die voorval is van stapel gestuur en duur tans voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Scalla ·

En die wettige eienaar kan gewoonlik nie opgespoor word nie,

Francis ·

wat soek perde en donkies baie keer hond ook op n pad ???????

Wessel ·

Joey, die woord doelbewus, is n relatiewe term!! Die heinings word doelbewus gesteel, en soms laat die eienaars diere doelbewus wei langs die pad. Sou jy egter een van die diere raakry, is dit niemand sn nie, maar gaan steel hom, dan is dit almal sn

tokkie ·

Dis Afrika. Julle moet sien hoe lyk Botswana van die donkies en vee

Johann Marx ·

Op daardie stuk pad is daar GEEN heinings nie….alles gesteel deur die skroot jagters van Westonaria. Niemand sit die heining terug nie…..dis makliker om net ‘n padteken op te sit wat lees “No Fence…Beware of free roaming animals”…en daarmee is die saak afgehandel.

Ouvrou ·

Ag nee wat julle moet in KZN sommer in dorpe ook, om beeste en bokke en allerande diere ry. Soms stop en wag dat hulle uit die pad gejaag word. Op die drakensberg pad van Bergville af ,moes ons wag vir ‘n vark en haar kleintjies om op te staan van die pad af. Heinings bestaan lankal nie meer nie. Zuma paradys.

anti soufie ·

ek was onder die indruk alle ou munisipale wete was geskrap. dink aan my verbasing toe ek lees die burgermeester van Jhb wat die gesondheidsinsoelteurs aanspreek oor iets. tie was ek soos….
GESONDHEIDSINSPEKTEURS???? daar was in sewe jaar nie een in my winkel of enige ander winkels in ons dorp nie. ieder geval laat my wonder dalk bestaan die WETGEWING rond om diere ook nog. as hulle n las of soos in die geval n gevaar vir ander is, dan mag die eienaar hulle mos nie he nie. hier in steelpoort, burgersfort, ohrigstad, graskop en pelgrimsrus is daar absoluut kuddes beeste wat amok in die dorpe en langs die paaie saai.hulle keer vullisblikke om, saai daardie vullus die strate en dorp vol. vreet al wat n dypad tuin is op omnie te praat van die nat stink ibseklokkende plasse wat hulle oral los nie. polisie en munisipaliteite trek net skouers op. hulle ken nie die eienaars nie en gaan die diere nie skut nie.

Calla ·

Daar word niks gedoen aan die inperking van diere op paaie nie. Heinings en veewagters is ‘n luukse, dit is verskriklik hoeveel diere deesdae op die paaie is. Selfs in KZN staan die beeste teen die hoofpad en vreet. Niemand aanvaar verantwoordlikheid vir die diere nie, hulle word pad toe gejaag om te gaan vreet, en vanmiddag weer teruggejaag. Die ergste is sommige van hulle word ‘n hele dag vasgemaak aan ‘n padversperring, in die oggende as jy daar verbyry staan die arme diere aan ‘n 1 meter tou vasgemaak, hy kan nie sy kop draai nie, vanmiddag 5 uur as jy weer daar ry, staan hy nogsteeds daar in die bloedige son. Hoeveel kan die arme dier nou vreet op die kolletjie waar hy vasgemaak is? Dit is diere-mishandeling, maar niemand gee enige aandag daaraan nie. Ongelukkig is dit ‘n Afrika ding, daar is nie iets soos reels en dissipline en logika nie .. die hele AFrika lyk so, jy moet duck en dive vir die diere al is hulle onwettig langs hoofpaaie, niemand neem mense in hegtenis nie, niemand pas die wet toe, en so word nog meer lewens verloor. Jammer vir die slagoffers, hoop julle herstel ten volle.

Leo ·

Ons is gistermiddag omstreeks 15h00 daar verby en die donkie was nie daar nie, net ‘n dooie hond en die 2 perde. My oog het eers die dooie hond gevang, gelyk soos Steffie, en toe die 2 perde. Ek het nogal gewonder hoekom die karkasse nog nie verwyder is nie en of word hulle verwyder en wanneer dit gebeur het? Dis altyd die diere wat aan die kortste end trek danksy die mensdom. Daar is nie eens heining nie – waar het hulle vandaan gekom?

lilla B ·

Ek het netnou ‘n whatsapp ontvang van ‘n huis wat gebou is van naamborde, onder andere borde met die name Harrismith, Bethlehem, Breedal, Reitz ens. op. Die hele huis is van groen naamborde gebou en die ou probeer nie eers die diefstal verbloem nie. Nou sal ons later nie eers weet waarheen om te ry nie, wat nog van drade en hekke hê om diere binne te hou.

Tobie ROLends ·

Want as dit op Whatsapp, facebook is, MOET dit waar wees.

Johann cb ·

Ek sien die bakkie het ‘n nommer op die modderskerm. Dit behoort waarskynlik aan ‘n maatskappy of dalk die plaaslike munisipaliteit. Die bestuurder en passasier sal moet verantwoording doen van hulle aktiwiteite.

amvi ·

Die arme, arme diere. Wat hulle nie alles moet deurmaak aan die hand van die “mens” nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.