Twee mans in Muizenberg doodgeskiet

geweer‘n Taxi-eienaar en nog ‘n man is doodgeskiet in twee aparte voorvalle in Muizenberg in die Wes-Kaap.

“Die taxi-eienaar is in die kop en bors geskiet in Druryweg in Capricorn,” het kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.

Van Wyk sê nog ‘n man is sowat ‘n uur later by die Capricorn-taxistaanplek doodgeskiet en nog twee mense is gewond.

“Dit blyk dat daar ‘n verband tussen die twee voorvalle is. Sake van moord en poging tot moord word ondersoek,” het Van Wyk gesê.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorvalle nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.