Twee mans oorleef noodlanding

Argieffoto

Twee mans het Vrydag ʼn noodlanding in ʼn ligte vliegtuig tussen Wakkerstroom en Dirkiesdorp in Mpumalanga oorleef.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die vliegtuig moes die noodlanding in ʼn bergagtige gebied doen en paramedici en reddingswerkers van verskeie nooddienste moes met 4×4-voertuie na die toneel geneem word.

“By paramedici se aankoms op die toneel is die twee mans op die grond langs die vliegtuig se wrak aangetref,” het Meiring gesê.

Albei mans is ondersoek en is vir matige beserings behandel. Hulle moes met ʼn private helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem word vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en sal deur die Burgerlike Lugvaartowerheid ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cherokee ·

Sê jý vir ons die hoeveelste dit is. En dàn vergelyk jy dit met karongelukke oor dieselfde tyd. Moet nie sensasie probeer soek nie. En terloops ‘Titel-Skrywer’ ‘n noodlanding is veronderstel om geoorleef te word. So sê die naam daarvan. Ek het vele ‘noodlandings’ gedoen maar op uitgesoekte gelykveld ter wille daarvan om te oorleef wanneer nie nageboots.

Veritas ·

Cherokee ek dink jou reaksie is onbillik teenoor T. Die vergelyking wat jy tref tussen motor- en vliegongelukke is heeltemal onrealisties. Voor die hoeveelheid ongelukke vergelyk kan word moet die hoeveelheid voertuie ook vergelyk word. In my onkunde glo ek daar is bietjie meer motorvoertuie op die paaie as vliegtuie in die lug.

Cherokee ·

Ek dink jy is reg, Veritas. Askies T. Soos Veritas sê, dit was onnodig.
Veritas, Hannah en T, my onnodig skerp reaksie was omdat vlieg dikwels gevaarlik genoem word terwyl dit die veiligste vorm van vervoer is. En ek wil nie hê dat mense vlieg gevaarlik noem in die media nie, want dit is nie. En ek dink jy is onrealisties as jy sê dat vliegtuie en voertuie nie met mekaar vergelyk kan word nie want selfs as jy hoeveelhede in ag sou neem, oordonder karongelukke geweldig. En juis omdat daar soveel minder vliegtuie as motors is op die pad, maak dit vlieg soveel veiliger. Op ‘n twee ure vlug tussen Johannesburg en Durban is jy gelukkig as jy ‘n ander vliegtuig êrens op die horizon sien. Op ‘n ses ure rit tussen Johannesburg en Durban vlieg karre kort kort minder as twee meter by jou verby.
Dankie dat jy dit uitgewys het, Veritas. T, askies op my regtigste… :-)

Hannah ·

Sjoe Cherokee… hoekom klink jy so kwaad?

Noodlanding in bergagtige gebied kan seker nie so maklik wees nie – Skepper het ‘n baie spesiale doel met hul lewens!

Jan ·

Ja die sensasiesoekers. Die teenoorgestelde by die vorige berig. Dis ‘n swart op wit plaasaanval waar ‘n plaaseienaar doodgeskiet m. a. w. vermoor is. Dit word saggies verdoesel as ” sakeman op plaas doodgeskiet”?.?? Dis mos nog ‘n plaasaanval op ‘n boer, soos dit feitlik elke dag gebeur. Hoe nou. Is dit die SAPD en die media se plig om die effek te probeer versag? Ek Vra maar net.

Johan. H. ·

mm hoekom wys julle n mediese bussie vir , vliegtuig noodlanding, Moes julle nie n vliegtuig wrak wys nie, of het die mense met die bussie n noodlanding gemaak, vra maar net, dis ieg goeie nuus vir n slag..

Phillip ·

Dagsê Johan

Ons was ongelukkig nie op die toneel nie omdat dit so afgeleë was. Die foto wat gebruik is, is dus ‘n argieffoto ter illustrasie.

Groete

Phillip Bruwer, nms Maroela Media

madels ·

Ek glo vas dat daar gepeuter word met vliegtuie want hoe is dit MOONTLIK dat so baie ligte vleigtuie val??? Dit maak net nie sin nie!! Hulle moet n volle ondersoek doen met hoekom die vliegtuie val. Is hierdie nie ook n manier om van mense ontslae te raak nie? Dit vra ek nou?

Cherokee ·

Madels, ‘n vliegtuig kan nie val nie. Oftewel, daar is uiters min omstandighede waaronder ‘n vliegtuig kan val en om dit te beskryf sal tegnies wees en nie vir nou en hier nie. Die media is die oorsaak dat mense dink vliegtuie val. Selfs wanneer ‘n vlieënier in ‘n berg vasvlieg sê koerantopskrifte en berigte die vliegtuig het neergestort.

Caja ·

Cherokee, lyk my jy het dit nou heeltemal verloor. Niemand het nou enige iets gese oor motorongelukke nie. Raak vir my rustig. Dalk wil jy maar net he almal moet weet jy vlieg ook. Dalk jou manier van spog?

Sanet ·

Sjoe! So dankbaar hulle het dit oorleef. Sterkte julle ouens dit moet n vrees aanjaende ondervinding wees! Cherokee probeer jy spog?

Cherokee ·

Waarom sou dit spog wees, Sanet? Enigeen kan vlieg. Daar is geen besondere talente nodig daarvoor nie, bloot opleiding. ‘n Vlieënierlisensie kan op ‘n selfs jonger ouderdom verwerf word as ‘n bestuurslisensie. As ek opera kon sing sou ek dalk gespog het.

SARIE VAN HEERDEN ·

‘Ek glo nie mens kan vliegtuig- en motorongelukke met mekaar vergelyk nie want dit is so dat meer mense motorongelukke oorleef as daar van bo uit die lug uit. My swaer en ek het ook gereeld ieselfde tipe redenasie gevoer maar toe verongeluk hy met ‘n vliegtuig wat ‘n engin probleem gehad het en hier is ek nog.

Cherokee ·

Sarie, ek het uit twee vliegtuigwrakke geklim. Een in 1975 en nog een in 1976.
Departement Burgerlugvaart se bevinding by albei was ‘geen vlieëniersfout’. En net soos jy is ek ook steeds hier, met lof aan die Voorsiener.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.