Twee mans oorleef vliegtuigongeluk

Die vliegtuig se wrak. Foto: ER24

Die vliegtuig se wrak. Foto: ER24

Twee mans het Woensdagoggend ʼn vliegtuigongeluk in Midrand, tussen Johannesburg en Pretoria, oorleef.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die vliegtuig het omstreeks 04:00 in ʼn oop veld langs Krugerweg naby Grand Central-lughawe neergestort en op sy dak tot stilstand gekom.

“Die mans, vermoedelik in hul vroeë 30’s, het op die ongelukstoneel rondgeloop toe ons daar aankom. Paramedici het hulle ondersoek en hulle is gelukkig om slegs met geringe beserings van die ongeluk weg te stap,” het Vermaak gesê.

Albei mans is na die Sunninghill-hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek.

Die toneel. Foto: ER24

Die toneel. Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tiger ·

Dis heerlik om goeie nuus te lees!Goed gedaan aan die vlieenier wat beslis sy werk reg gedoen het met die noodlanding.Dis duidelik die vliegtuig het nie “neergestort” soos berig is nie.Miskien krag verloor ja en toe maak die vlieenier ‘n noodlanding.Feit dat die vliegtuig op sy “dak” le beteken net iets het sy neuswiel laat vassteek en afbreek net voor hy heeltemal kon stilhou en toe tiep hy vooroor.Nou lyk dit erg op ‘n foto!Nogmaals knap gedaan manne om ‘n noodlanding in die donker in ‘n veld uit te voer wil gedoen wees!

JT ·

Bly vir die manne maar hoekom slaap hulle nie daai tyd van die oggend nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.