Twee mans op plaas doodgeskiet

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Die Mpumalanga-polisie is op soek na vermeende moordenaars nadat twee mans op ʼn plaas buite Witbank doodgeskiet is.

Die twee slagoffers, onderskeidelik 24 en 30 jaar oud, se liggame is Dinsdag bo-op mekaar op die plaas gevind.

“Die polisie het vroeg Dinsdagoggend ʼn oproep van ʼn bekommerde familielid ontvang wat aan die polisie gesê het dat sy 24-jarige broer hom gebel en ingelig het dat iemand hom geskiet het. Die man wat geskiet is, het aan sy broer gesê dat hy in die bosse op ʼn nabygeleë plaas skuil,” sê brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder van Mpumalanga.

“Die polisie het onmiddellik op die klagte gereageer en na die man begin soek, maar kon hom nie kry nie,” sê Hlathi.

Die polisie se honde-eenheid is toe geaktiveer en hulle het later op Emmanuel Mashengwane se liggaam op die betrokke plaas afgekom. “Sy liggaam was op dié van ʼn tweede slagoffer gestapel. Albei het skietwonde aan hul lywe gehad,” sê Hlathi. Dit is nie seker aan wie die plaas behoort waar die voorval plaasgevind het nie.

Die paramedici is ontbied en het albei slagoffers op die toneel dood verklaar.

Hlathi sê ʼn moordsaak is aanhangig gemaak en die polisie ondersoek reeds die saak. Die provinsiale polisiekommissaris het die “sinnelose moord” van die twee mans ten sterkste veroordeel en ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie te help met enige inligting wat kan help om die oortreders vas te trek.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die polisie by 10111 of 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lizanda ·

Fed up, no where – absolutely no where this is how this country operates.

Scalla ·

As jy nie iets verkeerd of skelm gedoen het hoef jy nie te skuil nie!!!

Stofdonkie ·

As iemand op jou begin skiet is ek seker gaan jy ook probeer “skuil”. Dink net verder…

Hoekom ·

As ek op ‘n plaas wat nie aan my behoort nie rondloop in die aand dan moet ek weet iemand gaan op my skiet…

Tanya ·

Wat soek hy op die plaas in die nag? Dis afsondering tussen 8-5 snags.

Janc ·

Vreemd dat hulle nie meer inligting deel nie, onder andere, hoekom was hulle in die eerste plek daar in die tydperk van inperking? Was hulle gewapend gewees, het hulle enige toerusting by hulle gehad. Daar is baie inligting wat nie gedeel word nie. Sal uitkyk vir ‘n opvolg berig.

Niklaas ·

Ek twyfel of hul ook boer. Die familielid weet dalks baie meer as wat hy wil vertel. Moontlik was hul vir minder edele motiewe daar.

Michael 1 ·

In n ddiverse land soos sa met verskillende kultuurgroepe kan ek nie glo sulke swak beskrywings van die mans word gegee nie.

Francois ·

Die polisie het onmiddelik reageer!!!
Die polisie kommisaris het met afgryse gereageer oor die sinnelose moord. Die twee wat geskiet is was swart. Wat het hulle op die plaas gedoen? Ek hoor nie dat die polisie sulke uitlatings maak as n wit boer op sy EIE plaas vermoor word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.