Twee mans op wildsplaas geskiet, vasgebind

Een van die mans is weens die ernstige aard van sy beserings per helikopter na ʼn hospitaal geneem. (Foto: Netcare 911)

Twee mans is Maandagaand tydens ʼn plaasaanval op ʼn wildsplaas op die Rust de Winterpad noord van Pretoria geskiet waarna hulle tot Dinsdag vroegoggend vasgebind was.

Christo Venter, mede-eienaar van die plaas, het Dinsdagoggend aan Maroela Media gesê James Nel, ook ʼn mede-eienaar, se seun en die bestuurder van die plaas is gister omstreeks 23:00 deur vier gewapende rowers in die plaashuis oorval.

Inligting is in dié stadium skraps, maar na verneem word het die aanvallers die twee mans geskiet waarna albei vasgebind is. Volgens Venter het Nel se seun skietwonde aan sy bors en arm opgedoen en die plaasbestuurder het skietwonde aan sy been opgedoen.

Venter vertel dat hy vanoggend eers sowat 05:00 die oproep ontvang het oor die voorval. “Die verdagtes het glo tot omtrent 04:00 vanoggend die huis geplunder terwyl [die slagoffers] nog vasgebind was,” sê hy.

Die twee mans is albei vanoggend na hospitale gehaas nadat die aanvallers op die vlug geslaan het. Volgens Venter is Nel se seun glo in ʼn ernstige toestand in Mediclinic Muelmed in Pretoria opgeneem.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 06:35 na die toneel ontbied waar hulle twee mans vir skietwonde behandel het. Volgens Herbst was die twee mans albei in ʼn kritieke toestand. Hy het gesê een van die mans is weens die ernstige aard van sy beserings per helikopter na ʼn hospitaal geneem.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Dit is ook nog nie duidelik hoe die aanvallers toegang tot die huis verkry het nie.

ʼn Polisiewoordvoerder het aan Maroela Media bevestig polisiebeamptes is tans nog op die toneel en hy kon daarom nie onmiddellik meer inligting verskaf nie.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het ook oor die aanval getwiet. Volgens hom is twee voertuie tydens die aanval gesteel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

BP ·

En hulle sal ook nie gevang word nie, dis duidelik dat die polisie en government kop in een mis is met die aanvalle. Toevallig ook hoe die plaasaanvallers altyd dit ook regkry om te ontsnap (as hul gevang word).

willem Botha ·

Ek hoop net die polisie is op die regte toneel en besig met n ondersoek want dit is waar dit gaan bly.

Kokkie ·

Ek glo glad nie hierdie storie nie. Dit kan net nie waar wees nie. Ons staatspresident, die edelagbare Cyril Ramaphosa het in die VSA gesê daar is geen plaasaanvalle in S.A. nie. En hy sal mos nie jok nie. En al die jare wat hy as visepresident onder Zuma gedien het, was hy salig onbewus van van staatskaping en korrupsie, anders sou hy dit summer uitgeroei het. En verder glo ek tot vandag toe nog in die tandemuis en kersvader.

chrisjan ·

Ha ha haaaa! Ene Ramaphosa is in die 1980’s na Rusland waar hy opleiding as saboteur (bom planter ) ontvang het .Nou is ‘n opgeleide bom planter ‘n staats president!Bid jou dit aan!Nou wie kan nog ‘n woord glo wat hy se?

Sterkte aan Almal ·

Baie Sterkte aan die jongste slagoffers van hierdie geweldsmisdade wat mense wat in Suid-Afrika moet woon in ‘n toenemende mate teister.

Die kriminele neem die land met ‘n golf van geweld oor. Hulle het die oorhand en almal is teikens. Of ons wat hier lees lewend anderkant gaan uitkom weet niemand nie. Ons weet ook nie hoeveel van ons wat hier lees lewend anderkant gaan uitkom nie. Maar dit is wel so dat die kriminele die land regeer en mense teister, aanrand en vermoor soos dit hulle pas. Selfs die polisie is bang vir hulle want die kriminele in Suid-Afrika is vreesloos en die kriminele weet dat hulle gewen het . Hulle weet dat hulle die oorhand het en die land regeer. Niks kan of gaan hulle stop nie.

Baie,baie sterkte aan almal wat in Suid-Afrika moet woon. Have a Happy Day.

Skroef ·

Die groot probleem is dat die polisie se opleiding te kort skiet. Die anc het mos kortpas gekies met opleiding sodat meer swart mense, (kriminele rekords ten spyt) so gou as moontlik in diens geneem kan word. Hulle ken nie die wet nie. Kyk maar hoe strooi saps lede rommel. Wat beteken hulle weet nie eers dis n kriminele oortreding nie. Kyk hoe staan hulle net en kuk aa jy die doef doed musiek hoor totdat die taxi of kar verby is sonder om n vinger te lig om die wet te probeer afdwing nie. Bel hulle wanneer luide musiek steeds middernag uit n restaurant kom en dan hoor jy more hulle het saam gaan dans. Bel hulle as jou bure heelnag deur uit hulle tone rou dreunsing en lamenteer omdat hulle n dooie die volgense dag gaan begrawe en jy word vertel “spda fada /mada / brada died”. Wdf gee om wie het gesterf? Die wet is mos die wet. Van wanneer af neem tradisie voorkeur oor die wet? Hulle, die sapd, behoort mos te weet niemand kan n ander toestemming gee om die hele buurt te verontrief en uit die slaap te hou nie. Maar hulle weet dit nie. Wat na my mening neerkom dat hulle die wet, wat hulle moet toepas, nie eers ken nie.

Leoni ·

Ons bly ook in die omgewing en vrees elke dag wanneer is dit ons beurt. Ons het nou ons huis omhein met elektriesedraad en vensters is dubbel toegemaak met yster tralies. Ons voel soos ingehokte diere. Sterkte my vriende. En mag God met julle wees.

Sue ·

Dis vreeslik hartseer om die van die 2 jong mans te lees.

Ons ken ook die gevoel, pasop net vir die dak. As die mense van die land nie by die deure en vensters kan in breek nie, breek hul deur die dak.

Heel paar gevalle van gehoor al.

Bly biddend, vra God vir Engele uit die Hemele om julle te beskerm.

zeldri ·

ek wil my verstout om te sê dis dalk nie so slegte idee nie…………….

Willie ·

Sterkte aan almal- help jy net asb met die bewusmaking in die land waar jy bly…

Lolla ·

Dit hou net nie op nie. Die land is in chaos! Die huidige regering doen NIKS aan die moorde en kriminele! Skokkend! Sterkte aan die beseerdes.

wielie ·

En niemand sal i v m die voorval in hegtenes geneem word nie —- misdadigers verdwyn in die mis.

Kriminele heers en regeer ·

Die kriminele regeer die land. Hulle moor en teister vir wie hulle wil, waar hulle wil. Enige tyd, enige plek. Die polisie kan niks aan hulle doen nie. Die kriminele is vreesloos en het die oorhand. Niemand is meer veilig nie. Die geweld en doodslag is buite beheer. Om elke oggend wakker te word in Suid-Afrika is ‘n wonderwerk en word al hoe minder mense beskore. Want mense word daagliks en snags uitgemoor.

Sê maar net ·

En sê dankie vir Mandela…hy is die een wat gesê het met ons getalle sal ons oorneem. En dat die doodstraf afgestel moet word, want ‘too many young people (sy eie nasie) gets affected by it”

Dit is reeds te laat ·

Niks maar niks gaan hierdie kriminele en moordenaars stuit nie. Niemand is meer veilig nie. Hierdie kriminele en moordenaars is orals en doen net wat hulle wil. Hulle sal jou keelaf sny sonder om ‘n oog te knip. Soos hulle elke dag doen. Die Hemel Help Ons. Want dit sal nooit beter word nie.

Bekommerd ·

Ek kan nie glo dat die wittes van SA nie wakker skrik nie. Mense dink aan die destydse bosoorlog, hoe het die Suidwes boere nie hulle plase beveilig teen die terroriste nie. SA boere moet begin om hulle plase te beveilig, die aanvalle gaan toeneem.

Marisa ·

Dis my susterskind en gewese swaer wat geskiet is. Daar is deur een van die aanvallers aan hul gesê dat wittes nie hier hoort nie. Daai seun is ‘n “special needs” kind. Hul het sy hondjie voor hom doodgeskiet. Ons mag nie haat nie.

Duppie ·

Dan is dit most ‘n rasse aanval en moet as sulks aangemeld word, en berigte word in die media, volgens statistics is rasse vergrype teenoor swartes aan die toeneem, dit is vir my onverklaarbaar dat ± 3 miljoen blankes “verwoesting” saai onder 50miljoen swartes , ek is van mening dat wanneer blankes rassisties behandel word, word dit nie as sulks aangemelt nie.dit raak tyd dat ons opstand ons regte staan binne die reg, rapporteer rasse vergrype teenoor of some volk, ondersteun blanke besighede, ondersteun organisasiess wat minderbevooregde blanke kinders deur die skool help. Na die Anglo Boere oorlog het ons volk uit die story opgestaan deur mekaar te help, ons kan dit weer doen.

Jammer Marisa en familie ·

Ek is jammer Marisa, dit is baie traumaties. Suid-Afrika is’n geweldadige land om in te woon veral as geen mens weet of jy môre die son sal sien opkom nie. Die moordenaars en ander kriminele het heeltemal oorgeneem en niemand sal iets daaromtrent kan doen nie.

Jj ·

En so gaan ons net aan terwyel ons volk vermoor word dis hoogs tyd dat ons n “in group preference” kry. Begin jou sure leer ken, hou op week aan die volkvreemdes gee en begin Afrikaans besighede met Afrikaans werkers te ondersteun

Phantom ·

As ek my mening mag lig hier asb.

Ek is op i wilds plaas nie baie ver van hierdie voorval ni, ek verkies ni om plaas se naam te gee ni, vir sekuriteids redes.

Wat gaan die goverment doen indien ons boere begin opstaan teen hierdie aanvallers.. ons lewens is in gedrang, en ons is nou moeg vir hierdie aanvallers wat so toe neem.
Dankie

Werner ·

Jammer Marissa en familie dit is verkeerd om te sê niemand kan iets daaromtrent doen nie jy moet jouself begin vra wat jy bereid is om daaromtrent te doen ander en dit sluit die polissie in gaan nie meer na jou veiligheid omsien nie ons sal aan ons weerbaarheid moet begin werk en ons omgewings moet hard maak maar mense le nog te lekker voor die TV in die aande

Chrisn ·

En daar verwyder die LINKSE VINKE van MM weer my objektiewe insetsel.
Tyd dat Dirk Hermans en Kallie Kriel julle vervang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.