Twee mans, seun sterf in botsing

Foto: ER24

Twee volwassenes en ʼn kind is Vrydagaand dood en nog ʼn persoon beseer toe ʼn voertuig teen ʼn stilstaande vragmotor gebots het in Fochville in Gauteng.

Die botsing het by ʼn vulstasie langs die N12 plaasgevind het Ross Campbell, woordvoerder van ER24, gesê.

“ER24-paramedici en die provinsiale en ander nooddienste was om 20:35 op die toneel. Twee mans in die voorste sitplekke van die motor het verskeie noodlottige beserings opgedoen en is by die paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar.”

Volgens Campbell het ʼn jong man, vermoedelik in sy 20’s, en ʼn seun, glo agt of nege jaar oud, agter in die motor gesit.

“Die seun en man het kritieke beserings opgedoen en daar is onmiddellik met noodbehandeling begin. Die seun het egter op die toneel aan sy beserings beswyk. Die jong man is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir dringendende mediese sorg.”

Die betrokke owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek na die omstandighede rondom dié noodlottige botsing.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

elsa ·

Te veel ongelukke op daardie pad. Sigbaarheid van Verkeers beamptes en Polisie kan ongelukke voorkom. Kruisings moet beman word en veiligheid sal gehandhaaf word.Jammer oor die lewensverliese.

Deon Pienaar ·

Ek is in Namibia. Wat was die verklaaring oor die hernuwing van vuurwapen lisensies en amnesties.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.