Twee mans sterf in trompop botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mans in hul 30’s is Donderdagmiddag dood in ʼn trompop botsing ongeveer 25 km buite Emalahleni (Witbank).

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn bakkie en ʼn motor het op die Van Dyk-drift-pad reg van voor teen mekaar gebots. Toe paramedici by die toneel opdaag het wrakstukke van die voertuie oor die pad gesaai gelê.

“Paramedici het die insittendes van die voertuie ondersoek en gevind die twee mans in die bakkie, vermoedelik in hul 30’s, het reeds aan veelvuldige beserings beswyk,” het Meiring gesê. “ʼn Vrou in die motor was in ʼn ernstige toestand en het verskeie beserings aan haar bene en ribbekas opgedoen. Sy is na die Life Cosmos-hospitaal in Emalahleni gehaas.”

Meiring het gesê die polisie was op die toneel besig om die botsing te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pappa Beer ·

Ek wil nou nie dom klink nie, maar wat is n trompop botsing. Dis die eerste keer wat ek die woord hoor en ek verstaan nie so lekker wat dit beteken nie.

thelsa ·

As ek nog reg kan onthou van my Standerd 6 Afrikaans, behoort dit ‘n koppelteken woord te wees “tromp-op botsing” (head-on collision). Soos dit tans lees ‘trompop botsing’ verwys dit na ‘n “drum majorette collision”.
Sal die taalboffins ons asb reghelp

Sune van Heerden ·

Dagsê Thelsa

Dankie vir jou navraag. Ek bevestig “trompop botsing” (sonder enige koppeltekens) is wel die korrekte spelling wanneer mens verwys na ‘n botsing wat reg van voor gebeur het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Elbri ·

Sover ek weet is ‘n trompop-botsing ‘n kop-aan-kop botsing. As iemand jou trompop loop, is dit mos reg van voor.

Pappa Beer ·

Dankie aan almal vir die verduideliking. Ek sal dit in die vervolg gebruik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.