Twee mans ter see vermis ná boot omslaan

NSRI-spirit-of-st-francis

Argieffoto: NSRI

Twee vissermanne van Lambertsbaai word vermis nadat hul boot in digte mis omgeslaan het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê reddingspanne is omstreeks 17:00 Saterdagaand uitgestuur ná berigte dat ʼn aantal bote in digte mis vasgekeer was. Volgens Lambinon het die reddingspanne omstreeks 10:30 Sondag op ʼn vissersboot afgekom wat omgeslaan het. Twee vissermanne het aan die boot vasgeklou.

Volgens Lambinon het albei mans hipotermie opgedoen en is hulle in ʼn ernstige, maar stabiele toestand na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer. Lambinon het gesê daar was vier vissermanne op die boot toe dit omgeslaan het en niemand het lewensreddingsbaadjies aangehad nie.

Die twee vissermanne wat gered is, het aan die NSRI gesê dat almal in ʼn stadium aan die slaap geraak het en die ander twee mans was weg toe hulle wakker geword het.

Die NSRI het intussen ook tydens twee afsonderlike voorvalle vissermanne gehelp om veilig op land te kom. Die polisie se duik-eenheid sal die soektog na die twee vermiste vissermanne voortsit.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik Steenkamp ·

Persoonlike ervaring waar daar aan ons gese is witmense hoort nie hier nie en moes ons noodgedwonge ons toerusting verwyder uit vrees dat hulle dit gaan afbrand

Winston ·

Ja dit werk so. Jan v Riebeeck het skepe en bote ook gebring. Ai tog Janneman

HEVW ·

Niemand het lewensreddingsbaadjies aangehad nie.???????????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.