Twee mans val na hul dood

Argieffoto

Argieffoto

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die twee werkers het Sondagaand in Scottsville straatligte herstel toe die noodlottige ongeluk plaasgevind het.

Volgens Botha het die hidroliese hysbak waarin hulle gestaan het, glo onklaar geraak, waarna hulle etlike meters ver grond toe getuimel het. Die twee mans is op die toneel deur paramedici gestabiliseer voor hulle na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is. Albei het egter later aan hul beserings beswyk.

Botha het gesê die twee mans het glo vir die Msunduzi-munisipaliteit gewerk. ʼn Woordvoerder van die munisipaliteit kon dit egter nie onmiddellik bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marko Miladinovic ·

Aaaaag nee man, geen persoon wat moet gaan week vir n lewe moet dood gaan op die job nie.

SNEL ·

Ek stem, Marko, dis vreeslik, hoop hul gesinne word vergoed, want die broodwinner is nou weg deur nalatigheid om gereedskap/toerusting in stand te hou.

DPJ ·

Wie het die instandhouding van die voertuig gedoen? Die werkers wat gewerk het. Kan dit dalk rasisme wees?

Anny Penny ·

DPJ jy is van jou trollie af . Ek dink wel daardie munisipaliteit gaan miljoene aan die gesinne moet bt vir die ongeluk

Pete Crowe ·

Nee wat DPJ! Jou kommentaar was nou bloot on gevraagd, mense is dood in die ongeluk en jy wil dit verander in n grap. Jy behoort verskoning te bra.

alida ·

Waar kom rassisme nou weer in. Asb mense hanteer elke geval op meriete !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.