Twee mans vas vir moord, verkragting

handcuffs3-320x257Twee mans is in Noordwes in hegtenis geneem op aanklag van moord en verkragting in verband met afsonderlike voorvalle.

Sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 39-jarige man is Sondag in Mokgareng naby Taung in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 45-jarige man. Die twee mans het glo in ʼn argument betrokke geraak waarna die verdagte glo die ander man met ʼn mes in die nek en maag gesteek het. “Die slagoffer is na ʼn hospitaal vervoer waar hy beswyk het.” Die verdagte sal Maandag in die Taung-landdroshof verskyn.

In ʼn afsonderlike voorval is ʼn 50-jarige man in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn bejaarde vrou. Die verdagte is Saterdag in hegtenis geneem nadat ʼn 86-jarige vrou in haar huis in Maphoitsile verkrag is. Die verdagte is deur die vrou se dogter betrap waarna hy ʼn venster gebreek en weggehardloop het. Die dogter het om hulp geskree waarna gemeenskapslede die man gevang en aangerand het. “Die verdagte is beseer en is onder polisiebewaking by die Taung-hospitaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.