Twee mans verdrink aan KZN-kus

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans het Donderdag aan die KwaZulu-Natalse suidkus verdrink.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn man in sy 30’s het van ʼn pier in Margate af in die see gespring. Hy het kort daarna onder die water verdwyn. Die polisie se soek- en reddingseenheid het nog nie die man se liggaam gevind nie.

ʼn Man in sy laat 30’s het intussen in ʼn swembad op die strand by Amanzimtoti verdrink. Lewensredders het die man probeer bybring maar hy is op die toneel dood.

Twee mans is in ʼn ernstige toestand nadat hulle amper verdrink het in Hibberdene. Die twee mans het ander mense wat in die moeilikheid beland het probeer help toe hulle self in die moeilikheid beland het. Lewensredders het die mans uit die water gered en hulle is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marieta ·

Sneaks, Neptunus. Ek het nerens gelees dat daar Castle betrokke was nie. Is mense met rou harte wat agterbly, jou grootlawaai. Dink voor jy jou bek uitspoel oor ander.

Neptunus ·

“Who is this person who speaks to me as though I needed his advice?” – Edward the Longshanks, Braveheart

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.