Twee mans verdrink in Oos-Kaap, een gered

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans het Sondag in twee afsonderlike gevalle in die Oos-Kaap verdrink.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die Port Alfred-polisie is omstreeks 10:40 na West Beach ontbied nadat twee mans, albei in hul 20’s, in die moeilikheid beland het toe hulle gaan swem het.

“Een man is op die toneel dood en die ander een is gered en na ʼn plaaslike hospitaal geneem. Na wat verneem word, is sy toestand stabiel,” het sy gesê.

Die ander verdrinking het omstreeks 13:30 in die kusdorpie Kasouga, tussen Port Alfred en Kenton on Sea, plaasgevind. Die oorledene is ʼn 65-jarige man.

Die polisie doen geregtelike doodsondersoeke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Poppie ·

En ook een vandag in Jeffreysbaai. Die pa het die oupa en sy 2 dogters gered en in die proses het hy verdrink. So hartseer vir die families. Ek sê altyd ek wil nooit verdrink/versmoor/verbrand nie. Ek dink dit is die wreedste manier om te kan sterf….

Cherokee ·

Berigskrywer, beteken ‘verdrink’ nie fataal nie? Help my reg as ek verkeerd is maar dit is die indruk waaronder ek is. So, korrigeer indien die veronderstelling nie reg is nie.

Cherokee ·

Die berig maak dit duidelik dat slegs een man verdrink het. die ander een is gered.

Phillip ·

Dagsê Cherokee

Die berig meld duidelik dat twee mense verdrink het en in twee afsonderlike gevalle. Die inligting is in die berig.

Groete

Phillip Bruwer, joernalis nms. Maroela Media.

Great ·

Ek hou van jou goeie reguit antwoord, as n man so deeglik lees, moet hy weer gaan lees. Berig is goed geskryf.

Cherokee ·

Skuus Phillip, weer lees het dit duidelik gemaak dat daar 3 mense betrokke was in twee afsonderlike gevalle. Miskien vinnig gelees maar beslis ook nie baie duidelik gestel nie. Ek besef egter nou dat dit tog geskryf is soos jy sê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.