Twee matrikulante pleeg selfmoord

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Vrydag bevestig dat twee matrikulante, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, hul eie lewe geneem het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het dié voorvalle bevestig. Volgens hom hou die voorvalle nié met mekaar verband nie.

Hlathi sê die polisie is Vrydag omstreeks 08:00 na ʼn huis ontbied waar ʼn 19-jarige seun homself gehang het. Hy sê die seun het by die aankoms van die polisie leweloos op die grond gelê met ʼn elektriese koord wat aan sy nek vasgebind was. Hy sê ʼn tweede koord het glo nog van die dak gehang.

Volgens die polisie het die seun Vrydag gehoor dat hy nié matriekvrystelling gekry het nie.

Hlathi sê die polisie is omstreeks 12:00 na ʼn tweede toneel ontbied waar ʼn 18-jarige seun ook leweloos op die toneel gelê het. Hy sê dié seun het homself ook met ʼn elektriese koord gehang.

Volgens Hlathi het die 18-jarige seun matriekvrystelling en goedkeuring om ʼn hoërsertifikaat te studeer, ontvang.

Albei matrikulante het hul uitslae via SMS ontvang. Hlathi het gesê ʼn ondersoek na albei voorvalle is van stapel gestuur.

Die name van die skole waar dié leerders matriek geskryf het, is in dié stadium nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Connie Olivier ·

Ek dink dus tyd dat die manier hoe graad 12 eksamens afgelê word aangepas moet word. Die stres van die matriek eksamen, die begeerte om goed te vaar om toegelaat te word tot ‘n universiteit en dan die lang wag vir uitslae is net te erg… hoeveel studente moet nog sterf voor Departement van Onderwys veranderings gaan inbring. Ek stel voor dat ons gaan kers opsteek by ander suksesvolle lande met n goeie slaagsyfer.

MissDemeanor ·

Ek stem. Kyk byvoorbeeld na Finland wat op n stadium van die swakste in Europa presteer het en binne n dekade die beste geword het. Nog iets: onderwysers en ouers maak kinders wys dat kinders se lewens geruineer sal wees as hul nie goed doen in matriek nie. Hul vertel nie vir kinders dat dit moontlik is om later weer te probeer nie.

Coreen ·

My hart gaan uit nadie families.. jammer oor julle pyn waardeur julle nou gaan

rose ·

Ek glo nie die ouers moet die skuld vir als kry nie. Ons kan nie se die kind is nie geestlik goed opgevoed nie. Somtyds kom jy maar in ‘n donkerplek en dink als is verlore.

Antowan ·

Alles in die naam van gestandaardiseerde toetse vir mense wat alles behalwe gestandaardiseerd is. Mense moet hulle kinders leer dat die lewe nie sy hoeksteen in matriek het nie, maar in bloot die lewe can die lewe. Dis op die einde van die dag alles ‘n gejaag na wind… So moet nie so stres nie. Doen jou deel maar as jy regtig sukkel, erken dit en gaan aan.

Frankie ·

My innige simpatie aan die familie en vriende.

Vind asseblief berusting in die wete dat nie die mees liefdevolle, oop verhouding tussen ouer en kind of sterkste geloof in God ‘n kans staan teen die tipe wanhoop en hopeloosheid wat kinders asook volwasenes tot selfmoord dryf.

Enige ouer met tieners sal saam met my stem dat kinders, veral tieners, in die oomblik skielik geweldig oorweldig kan voel en soms die domste, impulsiewe besluite kan neem.

So ‘n kind se enigste hoop is dat iemand hulle in daardie oomblik vang en die daad verhoed – en dan profesionele berading en dalk ook kort termyn medikasie.

Ek dink ook dat skole meer klem moet lê op ware entrepeurskap – dat jou matriek punte belangrik is maar glad nie die begin of einde van die wêreld nie. Dat harde werk, jou beste gee en vasbyt ewe belangrike naskoolse ‘skills’ is. Dat die wêreld vol suksevolle, gelukkige mense is wie gemiddeld op skool gevaar het en geen graad agter hul naam het nie.

Weereens, innige simpatie aan die familie en vriende.

koos ·

Mense, dink julle self in: jy slaag matriek goed genoeg en kry universiteitstoelating, maar jou “verkeerde” ras beteken jy word toelating vir sekere kursusse geweier PLUS jy weet dat jy, met watse graad jy nou ook al kry, eendag bitter moeilik gaan werk kry weens regstellende aksie wat die ANC gesê het vir altyd gaan bly. Selfs die DA steun dit…
Ek weet hoe dit voel. Ek was self bitter naby ‘n einde aan alles maak. My laaste uitweg het gelukkig gewerk: ek het my kwalifikasies verwyder vanaf my CV en my werksondervinding en lys van referente aangepas en gedokter. Dit het gewerk en ek het weer ordentlike werk gekry wat goed betaal, maar dit was ‘n jarelange gesukkel. Ek sal nou ook moet werk tot ek eendag dood neerslaan. Spaargeld is weg want dít moes cover vir die maer jare waartydens ek aanmekaar moes hoor “sorry this job is just for affirmative action beneficiaries” en “sorry but you are over qualified”.

Wonder ·

RIV jongmense. Miskien moet skole begin kyk na, en ek haal aan “we must not teach our children to be good test takers but we must teach our children to be good and happy people”. Sterkte vir die families.

Loubcher ·

Skole is nie verantwoordelik vor die opvoeding van ‘n kind nie. Dit moet tuis geskied!

Vicky ·

My oudste gaan nou graad 4 toe. Die skole het nog nie eers laas jaar geslyit nie toe kry sy al haar eerste redenaars “taak” vir einde januarie. Die stres begin al van kleins af met al die druk op die klein goedjies wat nog wil kind wees. Sterkte aan die families.

James ·

Vicky,
Indien jy dit wil vergelyk met ander lande, is dit nie so erg as wat jy wil maak nie. Weens werk is ons China toe, ons jongste moes in jaar 1 begin (skooldag begin 8:00vm en eindig 5:00nm, Chinese skool – nie ‘n “international school” nie). Vanaf die eerste dag op skool daar het sy (6 jaar oud) nie een weeksdag voor middernag , 00:00, in die bed gekom nie en moes sy die 06:00 moltrein neem om betyds by die skool te wees.
Drie dae na die skooljaar einde, begin van die somervakansie, moet alle leerlinge terug skool toe om hul boeke en huiswerk te gaan haal. Daardie huiswerk moet hulle gedurende die vakansie doen om in te val met die volgende skooljaar. Indien die leerlinge nie die huiswerk doen nie is hulle agter en die onderwysers herhaal dit nie.
Dit berei hulle voor vir die “brutale” wereld. Sy vind Harvard (Kenedy School of Medicine) ‘n “breez”

Onverwoordbaar ·

Hoe op dees aarde kan jy meen die ouers was nie daar vir die kind nie. Ek en my seun het ‘n baie oop verhouding en het vroeer die jaar homself gehang. Daar was nie tekens of niks nie. Dis impuls kontrole,wat tieners nog aan werk. Die tou het losgegly na hy sy bewussyn verloor het. Dis he’ll om deur te gaan. Jy as ouer gaan reeds deur sulke worsteling en dan moet jy nog cope met als wat gebeur het. Die druk van ons kinders by die skool is ondraaglik soms vir hulle.Ons ons einste skool het ‘n meisie haar vroeër die jaar gehang. En my seun is 17 en ‘n A student. So ons mag nooit ooit net aanneem en veroordeel nie.

Sonja ·

James, al vind jou kind nou haar mediese studies ‘n ‘breeze’? Dink ek nie dit was ‘n gesonde situasie waaraan sy blootgestel was nie. Kinders verskil en nie almal kan sulke druk hanteer nie – en as hulle nie kan nie, maak dit nie van hulle swakker mense nie. Ek weet nie waar sy trek met haar studies nie, maar Medies is beslis geen partytjie nie en die druk sal nog kom vir haar. Gelukkig is sy reg daarvoor.

Wil ook net sê ·

Ek is fink dat ons samelewing ons kinders onder geweldige druk plaas om tog net matriek te slaag en daarna verder te gaan studeer. My kinders het só gestres omdat hul nie geweet het in watter rigting hulle gaan studeer nie. “ALMAL” het dan nou geweet presies wat hulle gaan doen. ‘n Baie groot persentasie van hierdie”ALMAL” doen vandag iets totaal anders as wat die plan was. My kinders het nie verder gaan studeer nie, maar is elkeen suksesvol in eie reg. Ons as ouers het hul ook laat verstaan dat verdere studies hul nie noodwendig sal laat uitstyg nie. Daar is wel ander opsies

Amanda ·

Die druk waaronder ons wereldwyd verkeer is besig om sy tol in meer as een opsig te eis. Behalwe dat die planeet nie veel meer langer kan “cope” met die onbeheerste aanwas van mense nie, raak alle hulpbronne skaarser. Werk word skaarser omdat soveel meeding vir dieselfde posisies. Die mense word ouer en leef langer agv mediese ingryping – die balans van die natuur word al so skeef gedruk dat baie jongmense moedeloos gebore word, hulle bevind hulle in ‘n plek waar al wat hulle kan sien, is die dood as uitkoms. Ons bevind ons op ‘n “slippery slope” en as die mens nie tot sy sinne gaan kom oor sy aanwas en wanneer genoeg genoeg is nie, is ek bevrees sal hierdie tendens toeneem. Ongelukkig plaas ons die verantwoordelikheid vir die stand van die wereld op almal se skouers behalwe ons eie. Wat JY doen – wat ELKEEN van ons doen, dit bepaal die stand van die wereld se sake. Dit bepaal ieder en elk se toekoms…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.