Twee mediareuse swaar beboet vir prysvasstelling

Argieffoto

Independent Media en Caxton is vandeesweek swaar boetes opgelê nadat die mededingingskommissie dié mediamaatskappye aan prysvasstelling skuldig bevind het.

Beide maatskappye het ingestem om ʼn boete te betaal nadat hulle skuld beken het.

Dié boetes volg nadat ʼn ondersoek in 2011 bevind het dat verskeie mediamaatskappye ooreengekom het om soortgelyke afslag en betaalvoorwaardes aan advertensieagentskappe te bied.

Caxton moet R5,8 miljoen opdok en oor ʼn tydperk van drie jaar altesaam R2 miljoen  aan die ekonomiese ontwikkelingsfonds betaal. Independent Media is ʼn boete van R2,2 miljoen opgelê en die kommissie het ook bepaal dat hy R800 000 aan die ontwikkelingsfonds betaal.

Die ekonomiese ontwikkelingsfonds beoog om klein media- of reklameinstansies wat deur swart persone besit word te ontwikkel of by te staan met aanvangskapitaal. Die fonds wil ook swart studente help om onder meer kursusse in media aan hoëronderwysinstellings te studeer.

Independent Media moet verder ook 25% bonus-advertensiespasie aan kwalifiserende klein agentskappe bied vir elke rand van advertensiespasie wat gekoop word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherokee ·

In 2011 skuldig bevind en in 2018 beboet. Klink of hulle kans gegee is om boetegeld te spaar, anders (sal sommige van sy aanhangers nou sê) is dit oorlat Ramaphosa gister of eergister die touleier geword het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.