Twee meisies glo as seksslawe aangehou

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Mosambiek wat glo twee Mosambiekse meisies, nou 11 en 15 jaar oud, in ʼn huis in Mpumalanga as seksslawe aangehou het, se saak moes uitgestel word omdat die staatsaanklaer nie Vrydag beskikbaar was nie.

Elliot Samuel Kubhayi (54), wat in KaMhlushwa naby Malalane bly, het onskuldig gepleit op aanklag van verkragting, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

Landdros Edgar Moletsane in die Boschfonteni-landdroshof het Kubhayi se borgtog van R2 000 verleng en die saak tot 10 April uitgestel.

Kubhayi is op 25 Junie 2013 in hegtenis geneem nadat lede van die gemeenskap berig het dat hy die twee meisies van Mosambiek as seksslawe aanhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.