Twee mense dood, ses kinders kritiek toe skoolbus bots

Die twee bestuurders is op die toneel dood en verskeie kinders het ernstige beserings opgedoen. (Foto: ER24)

Twee mense is dood en ses kinders tussen agt en 14 jaar oud is ernstig beseer toe ʼn skoolbus vroeg Woensdagaand in Marinastraat in Cosmo City in ʼn hoë-impak-botsing met ʼn aankomende bakkie betrokke was.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici van verskeie nooddienste was omstreeks 17:20 op die toneel. Die bestuurder van die bakkie het egter geen teken van lewe getoon nie en is kort daarna dood verklaar.

Die bestuurder van die skoolbus en twee kinders wat voor in die bussie gesit het, was in die wrak vasgekeer en moes met die hulp van die brandweer bevry word.

Die bakkie en ‘n skoolbus het reg van voor gebots. (Foto: ER24)

Die busbestuurder het ondanks alle pogings om sy lewe te red en sy toestand te stabiliseer, ook op die toneel beswyk.

Volgens Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, is twee van die kinders wat die ergste beserings opgedoen het, met heen-en-weer-vlugte van ʼn Netcare 911-helikopter na ʼn hospitaal gevlieg. Hulle toestand was in daardie stadium kritiek.

Nog vier leerders se beserings is ook as kritiek bestempel, terwyl verskeie ander passasiers, onder meer ʼn onderwyseres, ook beseer is.

Die polisie ondersoek die voorval.

‘n Netcare-helikopter op die ongelukstoneel. (Foto: Emer-G-Med)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
AW

Spoed het bygedra , tot die eind produk van daardie bakkie !!

JM

Ongehoorsaamheid is nie verniet die oersonde nie. Verkeersreëls word nie gehoorsaam nie. Ek sien daagliks hoe motoriste soos besetenes jaag, wat nie net hul laaste rit kan beteken nie, maar ook die lewens van ander padgebruikers eis. Wat gaan aan met die mensdom? Ongeduld is ‘n gevaarlike eienskap.

anniekiewiet

Hartseer tonele, mag hulle naasbestaandes Hemelse troos kry om hulle hierdeur te dra.

Marcello

Media24 spessifiseer in die vervolg in watter stad/dorp dit is. Nie almal van ons weet waar Cosmo City is nie.

Theo

4×4 ouens die pad behoort net aan hulle en hulle kan jaag soos wat hulle wil.In dieselfde straat as waar ons bly is daar oook 2 jong knape wat gereeld hier op en af haag.Spoed het beslis hier n rol gespeel