Twee mense op kampus deur honde aangeval

Argieffoto

ʼn Vrou is Donderdag in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat sy op ʼn universiteitskampus in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, deur ʼn hond aangeval is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was op pad na ʼn ander toneel toe hulle buite die universiteit deur lede van die publiek voorgekeer is. Die paramedici is tot binne die kampus geneem waar hulle ʼn 35-jarige vrou op ʼn bankie aangetref het met noodhelpers wat haar bystaan.

“Die vrou is ondersoek en daar is gevind dat sy verskeie bytwonde aan haar bene, arms, nek en kop opgedoen het. Sy het in ʼn ernstige toestand verkeer,” het Meiring gesê. Die vrou is op die toneel behandel en pynmedikasie gegee.

“Terwyl paramedici besig was om die vrou te behandel, is nog ʼn man glo deur dieselfde honde aangeval. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het Meiring gesê. Die vrou is ook na ʼn hospitaal gehaas.

Volgens Meiring was beamptes van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op die toneel om die honde te vang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Debbie Hendriks ·

Dit is eintlik BAIE maklik. As jy honde aanhou, moet jy jou erf se hekke soos jou gulp hanteer. HOU DIT TOE!

MissDemeanor ·

En as jy dit nie doen nie moet jy n lekker stywe boete betaal. As jou honde uitkom agv nalatigheid en onskuldige verbygangers byt moet jy swaar gestraf word.

Karma ·

Dit is waar, Debbie Hendricks – die probleem is nou net dat die hond(e) waarskynlik vir die onverantwoordelike eienaar(s) se aksie gestraf gaan word – hulle gaan (of is dalk alreeds) deur “the killing zone” NSPCA uitgesit.

Mielie ·

Stuur die valke om die hond in hegtenis te neem……Soos dit vandag in ons land aangaan

susan ·

Die laaste keer wat ek die app lees soveel negatiewe onsensitiewe kommentaar. Nee man.

susan ·

Negatief negatief…hier is iemand beseer. Wat het die Valke of hondsdolheid hiermee te doen. Hê?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.