Twee mense sterf ná mikrovliegtuig neerstort

Argieffoto

Argieffoto

Twee mense is Donderdag dood nadat ʼn mikrovliegtuig op ʼn plaas naby Hoedspruit in Limpopo neergestort het.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê inligting oor die voorval is nog skaars en die nodige owerhede is op die toneel om ondersoek in te stel. “Ons kan in die stadium bevestig dat ʼn mikrovliegtuig neergestort het en dat twee mense dood is,” het sy gesê.

Die geslag en ouderdomme van die oorledenes sal in ʼn latere stadium bekend gemaak word.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.